Kuns van verkope: SPIN-vrae (Aanlyn)_4

Hierdie kortkursus handel oor ʼn raamwerk (SPIN) om effektiewe vrae te vra tydens die verkopegesprek tussen die verkoper en koper om sodoende seker te maak dat die transaksie plaasvind of doelwitte bereik word.

SPIN-verkope is ʼn klassieke verkoopsmetodologie vir ‘n rede: dit is ʼn hoogs effektiewe benadering om goeie koper-verkoper-verhoudings te bou. SPIN-vrae word deur meer as 90% van die Fortune 500-maatskappye gebruik om hul verkoopspersoneel op te lei. Die SPIN-vrae is ontwikkel deur Neil Rackham nadat hy twaalf jaar lank navorsing gedoen het deur 35 000 verkoopsgesprekke te evalueer.

Tydens die vier aanlyn sessies word jy blootgestel aan SPIN-vrae asook die praktiese toepassing daarvan in jou eie omstandighede. Hierdie vier sessies is gevul met aanlyn aktiwiteite, en praktiese toepassing van ʼn navorsingsbegronde verkoopstegniek.

Begindatum

Oktober 10, 2024

Formaat

Vier aanlyn sessies

Koste

R2000

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

Kursusinhoud

• Die begronding van verkope en die SPIN-raamwerk;
• Ontleding van teikengehoor;
• SPIN-vrae en die waarde daarvan; en
• SPIN-vrae in eie konteks.

Ideale kursusganger

Die kursus is ideaal vir enige verkoopspersoon, asook persone wat idees, produkte of dienste aan ʼn bepaalde mark moet verkoop.

Datums

10 Oktober 2024 tussen 09:00-11:00 via Teams
17 Oktober 2024 tussen 09:00-11:00 via Teams
24 Oktober 2024 tussen 09:00-11:00 via Teams
31 Oktober 2024 tussen 09:00-11:00 via Teams

Plek

Aanlyn via Teams

Registrasies sluit

3 Oktober 2024

KURSUSAANBIEDERS

Salomien Boshoff

Salomien Boshoff is ʼn dosent vir verskeie modules in Bestuurswetenskappe by Akademia en die Sakeskool van die Universiteit van die Vrystaat. Sy beskik oor ʼn meestersgraad in Ondernemingsbestuur met spesialisasie in Bemarking. Haar passie vir onderrig en leer rig haar navorsing om verskillende wyses waarop studente se leer bevorder kan word, te verstaan Haar navorsing is gepubliseer in nasionale en internasionale geakkrediteerde vakkundige joernale. Sy het meer as veertien jaar se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het.

KURSUSLEIER

Salomien Boshoff |  salomien@akademia.ac.za