Gereelde vrae en antwoorde

Akademia et al. is ’n opleidingsplatform wat deur Akademia in 2022 gevestig is om kortkursusse in Afrikaans aan ondernemings of professionele individue te bied.

Kortkursusse deur Akademia et al. dien nie as krediete of toelating tot Akademia-programme nie. Elke program het unieke toelatingsvereistes. Verwys na Akademia se webblad vir meer inligting oor ons geakkrediteerde graad- en diploma programme/kwalifikasies.

Die formaat verskil van kursus tot kursus. Party van die inhoude vind aanlyn plaas, terwyl ander deur middel van werkswinkels in Centurion plaasvind. Verwys na die kursus waarin jy belangstel vir meer inligting. Op spesiale versoek van ondernemings kan die kortkursusse ook intern of op ʼn ander plek in Suid-Afrika aangebied word.

Elke kortkursus se duur verskil. Verwys na die kortkursus se inligting vir meer besonderhede oor die formaat en duur van die kortkursus.

Punte word elektronies beskikbaar gestel. ʼn Sertifikaat van voltooiing word aan die kursusganger uitgereik.

Die Akademia et al.-bestuurspan neem diskresie om te bepaal watter kortkursusse aangebied word en verseker ook dat die Akademia-gehalte gehandhaaf word.

Voorstelle is welkom vir oorweging. Stuur gerus ʼn e-pos na etal@akademia.ac.za.

Enige persoon wat matriek (NSS-sertifikaat) voltooi het en graag hulle kennis wil opskerp kan enige van die kursusse voltooi. Inligting by elke kortkursus dui aan wie die teikenmark vir die kursus is en wie die meeste sal baat vind by so ‘n kortkursus.

Die koste van elke kortkursus verskil na gelang van die mark asook aard van die kursus. Verwys na die kortkursus waarin jy belangstel vir meer inligting.

Betaling kan direk op die webblad by registrasies voltooi word en/of ʼn versoek vir ʼn belastingfaktuur kan na fakture@akademia.ac.za gestuur word wat binne 48 uur vanaf ontvangs vereffen moet word.

Akademia et al. bied tans nie afbetalingsooreenkomste aan nie.

Groepbesprekings ontvang tans nie korting vir kortkursusse nie.

Bank: FNB
Rekeningnaam: Akademia
Rekeningtipe: Tjekrekening
Rekeningnommer: 62333881143
Tak: Centurion (261550)

Gebruik faktuurnommer as verwysing

Studiekorting aan Solidariteit-lede is nie van toepassing vir kursusse by Akademia et al. nie.

Algemene navrae: etal@akademia.ac.za

Finansiële navrae: leoni@akademia.ac.za

Tegniese of IT-verwante navrae: tegnies@akademia.ac.za

Kursusspesifieke navrae: Kontak die kursusleier

Verwys na die bepalings en voorwaardes-dokument hier.

Ná afloop van betaling, sal jy ’n e-pos ontvang met die intekenbesonderhede om toegang tot die Platform (die aanlyn leerbestuurstelsel) te verkry. Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, kyk gerus in jou gemorsposlêer. Klik hier vir die Platform-intekenblad.

Stuur gerus ʼn e-pos na etal@akademia.ac.za vir meer inligting oor die keuringsproses vir kursusleiers.

Kursusleiers is Akademia-personeel, terwyl aanbieders Akademia-dosente of eksterne kundiges kan wees. Verwys na die kortkursusinligting waarin jy belangstel vir meer inligting.

Kursusmateriaal is ontwikkel uit bestaande geakkrediteerde Akademia-programme, sowel as nuwe kursusmateriaal. Kortkursusse word tans nie deur ander liggame geakkrediteer nie. In die toekoms mag dit moontlik die geval wees vir sommige kursusse en sal dan so gekommunikeer word in die kortkursusinligting.

Kortkursusse het tans nie VPO-punte nie. In die toekoms mag dit vir sommige kortkursusse die geval wees en sal dan so gekommunikeer word in die kortkursusinligting.

Kortkursusse word tans slegs in Afrikaans aangebied. Tweetalige aanbieding mag oorweeg word op spesiale versoek.

Stuur gerus ʼn e-pos na etal@akademia.ac.za om jou versoek met ons te bespreek.

Dit is verpligtend dat kursusgangers toegang tot redelike internet- en skootrekenaarfasiliteite moet hê.

Let op die volgende minimum vereistes ten opsigte van die tegniese spesifikasies van ʼn skootrekenaar:

  • ʼn Core i3-, i5- of i7-verwerker of soortgelyk
  • 4 GB RAM of meer (8 GB RAM word aanbeveel)
  • 20 GB beskikbare hardeskyfspasie
  • SSD word sterk aanbeveel
  • Werkende webkamera
  • Werkende mikrofoon
  • Nuutste weergawe van Google Chrome, wat ook op datum gehou moet word

Let op die volgende minimum vereistes ten opsigte van die internettoegang:

  • Internetspoed van ten minste 1,5 Mbps aflaaispoed en 1 Mbps vir oplaaispoed