Die innoverende onderneming

Hoewel alle bestuurders sal saamstem dat ʼn onderneming innoverend moet wees, is die moeiliker vraag: “Hoe maak ek ʼn onderneming innoverend?” Die doel van hierdie kursus is om bestuurders, personeel en entrepreneurs toe te rus om ʼn onderneming meer innoverend te maak. Daar word gekyk na innovasie op individuele vlak, maar ook hoe innovasieroetines op alle vlakke van ʼn onderneming gevestig kan word.

Begindatum

Julie 3, 2024

Formaat

Kontakwerkswinkels

Koste

R7170

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

• Hoe kreatiwiteit aangeleer en ontwikkel kan word
• Die omskakeling van ʼn kreatiewe idee na ʼn produk
• Die omskakeling van ʼn produk na ʼn sakemodel
• Innovasie as ʼn strategiese ondernemingsfunksie
• Projek: Die skep van ʼn nuwe, innoverende produk, diens of proses

IDEALE KURSUSGANGER

• Bestaande en aspirerende bestuurders wat innovasie in hul spanne, departemente en organisasies wil bevorder;
• Entrepreneurs en eienaars van kleinsakeondernemings; en
• Werkende individue wat hul eie innoverendheid in hul werksomgewing wil bevorder.

DATUMS

Ses werkswinkels van drie ure elk.

Woensdag 3 Julie: Oriëntering [1 uur]

Woensdag 10 Julie: Kontaksessie 1 

Woensdag 17 Julie: Kontaksessie 2

Woensdag 24 Julie: Kontaksessie 3

Woensdag 31 Julie: Kontaksessie 4

REGISTRASIES SLUIT

26 Junie 2024

KURSUSAANBIEDERS

Johann Smith

Johann Smith is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur aan Akademia. Hy het ʼn BCom-graad en honneursgraad in Informatika, asook ʼn meestersgraad in Kommunikasiebestuur, aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Johann se huidige navorsingsfokus is Innovasiebestuur, asook die bestuur van Wiskunde-angs en Wiskunde-veerkragtigheid in hoëronderwysinstellings. Hy praktiseer as ʼn bestuurskonsultant, maar is ook tientalle jare in die onderwyssektor betrokke. Hy doseer tans Sakeberekeninge, Elementêre Kwantitatiewe Metodes en Innovasiebestuur.

KURSUSLEIER

Johann Smith  |  johanns@akademia.ac.za