Wees op die voorpunt van jou industrie

Akademia et al., gesetel onder die Akademia-vaandel, is in 2022 gevestig om praktykgerigte kortkursusse met ʼn akademiese onderbou aan individue en/of ondernemings te bied. Dié kortkursusse word aangebied deur uitgesoekte akademici en kundiges en word verpak om te fokus op die behoeftes van die werksplek asook akademiese verdieping.

Akademia et al. is daargestel om kortkursusse vir sertifikaatdoeleindes aan te bied bo en behalwe die Raad op Hoër Onderwys (RHO)-geakkrediteerde kwalifikasies wat tans deur Akademia aangebied word. Die opleidingsplatform bied die geleentheid aan individue om hulleself te ontwikkel, kennis te verdiep en hulleself beter toe te rus vir die werksplek (ongeag of hulle ʼn formele RHO-geakkrediteerde kwalifikasie vooraf voltooi het).

Visie

Akademia et al. strewe daarna om as voorkeurtuiste akademici, kundiges en beroepslui te verbind deur middel van toekomsgerigte kortkursusse.

Bestaanrede

Akademia et al. bied ʼn platform waarop insiggewende en praktykgerigte kortkursusse oor ʼn verskeidenheid akademiese dissiplines ontwikkel en aangebied word deur akademici en kundiges uit ons gemeenskappe.

Missie

Akademia et al. is Akademia se kortkursusplatform waar kundigheid uit die instelling se eie geledere asook uit die gemeenskap aangewend word om kortkursusse te ontwikkel en aan te bied wat gerig is op die uitbou van insig en praktyk. As rolspeler binne die Afrikaanse hoëronderwysomgewing word daar gefokus om geleenthede vir lewenslange leer aan ons gemeenskappe te bied. Akademia et al. is verbind tot Akademia se institusionele waardes. Akademia et al. verskaf uitgebreide akademies gefundeerde kortkursusse oor ’n verskeidenheid akademiese velde en dissiplines heen. Dié kortkursusse is gemik op die kursusgangers wat waarde heg aan gehalte kortkursusse. Akademia et al. skep verbondenheid tussen akademici, kundiges en beroepslui.

Waarvoor staan Akademia et al.?

Die “Akademia” in die naam verwys na familiebande met die moederinstelling, Akademia. Et al. is die Latynse afkorting vir “et alia (dinge meervoud) / et aliae (vroulike meervoud) / et alii (manlike meervoud)” en verwys tradisioneel na “nog dinge” of “nog mense”. In die Akademia-konteks verwys Akademia et al. na “nog kursusse” wat aangebied word deur ons eie dosente of moontlik buitedosente of instellings as ons vennote, dus ook “nog vennote / en andere”

Span

Dr. Rachel Maritz,
opleidingsplatformbestuurder /
dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Tho-Marie Stoltz,
akademiese leerondersteuner 
afdeling: Onderrig en Leer

Marietjie Stoop-Hosking
administrateur

Maak Akademia et al. jou tuiste vir relevante, toekomsgerigte, praktykgerigte en verrykende kortkursusse.

Teken in op die verspreidingslys om te hoor van nuwe kortkursusse en Akademia et al.-nuus