Akademia et al. bied aan: Ekonomiese en monetêre beleid

Die rentekoers het al weer verander, hoe nou? Akademia et al. se kortkursus, Ekonomiese en monetêre beleid, skop af op 5 Julie 2023. Hierdie kortkursus bied aan individue en voornemende sakelui ʼn oorsig oor ekonomiese beleid in Suid-Afrika. Die kursus bied die kursusganger die geleentheid om die veranderinge in rentekoerse te verken wat ʼn impak op sakebedrywighede het en hoe om jou besigheid te bestuur in veranderende ekonomiese omstandighede. Die kursus sal slegs in Afrikaans via aanlyn leermateriaal en een aanlyn werkswinkel aangebied word en ʼn sertifikaat van voltooiing word aan die kursusganger uitgereik.

Die kursus is ideaal vir uitvoerende amptenare, senior bestuurders, funksionele hoofde en bestuurders; besigheidskonsultante, analiste, finansiële en strategiese adviseurs; kleinsake-entrepreneurs; en finansiële adviseurs wat kredietpunte moet verkry. Enige iemand met ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en ʼn passie vir ekonomie kan vir die kursus registreer.

Die kursus sal strek vanaf 5-14 Julie. Die inhoud van die kursus sal handel oor die ekonomiese beleid in Suid-Afrika, asook die monetêre beleid.

Volgens dr. Sandra Adendorff, kursusleier- en aanbieder van die kursus, het die ekonomiese omgewing geweldig verander wat ʼn groot effek op ieder en elk het. “Die kursus bied ʼn omvattende oorsig oor Suid-Afrika se ekonomiese en monetêre beleid en is ideaal vir elkeen wat meer wil weet oor inflasie en hoe rentekoerse jou beleggings en bestedings beïnvloed. Ná afloop van die kursus sal kursusgangers in staat wees om inflasie en rentekoerse te ondersoek en daarvolgens strategies te beplan.”

Adendorff is ʼn dosent in Ekonomie by Akademia, en het ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was voorheen werksaam by die Universiteit van Pretoria, asook die Reserwebank. Haar navorsingsfokus is ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer Economic Indicators en Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford). Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte.

Die koste van hierdie kursus beloop R1 500 wat die fisiese kontaksessie en alle aanlyn sessies insluit. Besoek die Akademia et al.-webblad vir meer inligting oor hierdie kortkursus. Registrasies sluit 28 Julie 2023