Ekonomiese en monetêre beleid

Die rentekoers het al weer verander. Wat nou? Hierdie kortkursus bied aan individue en voornemende sakelui ʼn oorsig oor ekonomiese beleid in Suid-Afrika. Die kursus bied die kursusganger die geleentheid om die veranderinge in rentekoerse te verken wat ʼn impak op sakebedrywighede het en hoe om jou besigheid te bestuur in veranderde ekonomiese omstandighede. 

Begindatum

5 Julie 2023

Formaat

Aanlyn

Koste

R1 500

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Ekonomiese beleid in Suid-Afrika; en
  • Monetêre beleid.

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir die volgende:

  • Uitvoerende amptenare, senior bestuurders, funksionele hoofde en bestuurders;
  • Besigheidskonsultante, analiste, finansiële en strategiese adviseurs;
  • Kleinsake-entrepreneurs; en
  • Finansiële adviseurs wat kredietpunte moet verkry.

DATUMS

5 – 14 Julie 2023

REGISTRASIES SLUIT

28 Junie 2023

KURSUSAANBIEDERS

Dr Sandra Adendorff is ʼn dosent in Ekonomie by Akademia, en het ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was voorheen werksaam by die Universiteit van Pretoria, asook die Reserwebank. Sandra se navorsingsfokus is ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer Economic Indicators en Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford). Daarbenewens het sy artikels en publikasies vir verskeie instansies geskryf, en ʼn aantal referate by internasionale konferensies gelewer. Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte. Sy doseer tans die modules Ekonomie en Internasionale Handel by Akademia.

KURSUSLEIER

Dr. Sandra Adendorff  |  sandra@akademia.ac.za