Begindatum
Formaat
Koste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
Die kursus is soos volg gestruktureer:
Week 1: Inleiding en oriëntering
Week 2: Beplanning
Week 3: Boublokke van ’n boeiende storielyn
Week 4: Skep die perfekte ruimte vir jou storie
Week 5: Karakterbybel
Week 6: Afsluiting
IDEALE KURSUSGANGER
Skryf ’n Kinderverhaal is ’n praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van kinderverhale.
KURSUSAANBIEDER(S)
Kursusaanbieder
Elizabeth Wasserman het haar skrywersloopbaan begin met Meerkatrestourant, ’n bundel versies vir kinders. Sedertdien het sy verskeie reekse vir jong lesers gepubliseer: Speurhond Willem, Die avonture van Anna Atoom, Dingesfabriek en die Elf dae-reeks van reisverhale. Sy het ook bydraes gemaak tot verskeie bundels kortverhale vir die jeug. Van haar boeke is bekroon met pryse, onder andere ’n Woordveertjie, die MER-prys vir geïllustreerde kinderverhale en die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur. Haar werk fokus dikwels op elemente van bewaring, wetenskap en verkenning van interessante plekke, maar haar belangrikste oogmerk bly egter om kinders met genot te laat lees.
Kursusontwikkelaar
Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls’ School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), BAHons (Afrikaans en Nederlands) (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U. en Die verdrinking van Josua van Eden. Haar eerste volwasse roman, Karaktermoord, het in 2019 verskyn. Sy is al benoem vir die Sanlam-prys vir Jeuglektuur en die MER-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as handelsmerkbestuurder by KWV. Sy woon op Stellenbosch en put haar inspirasie uit lees, reis, haar katte, baie sjampanje, sjokoladekoek sonder versiersuiker en vriende op kuierstoepe.
KURSUSLEIER
Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za