Begindatum
Formaat
Koste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
Die kursus is soos volg gestruktureer:
Week 1: Inleiding en oriëntering
Week 2: Wat is ’n gedig?
Week 3: Waar kom gedigte vandaan?
Week 4: Verskillende soorte gedigte
Week 5: Klank en beeldspraak
Week 6: Afsluiting
IDEALE KURSUSGANGER
Enigiemand wat graag die basiese beginsels van digkuns wil bemeester
KURSUSAANBIEDER(S)
Daniel Hugo
Die digter, vertaler en bloemleser Daniel Hugo is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy het op Greyton en in Windhoek skoolgegaan, waar sy pa ’n predikant was. Ná skool gaan studeer hy by die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria en Bloemfontein, en verwerf ’n doktorsgraad oor die vernufspoësie. Nadat hy ’n jaar lank onderwys gegee het in Windhoek, word hy ’n dosent in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1983 het hy ook by die Katholieke Universiteit van Leuven in België studeer. Daarna was hy ’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK, waar hy verantwoordelik was vir die literêre programme. Daar het reeds 16 digbundels uit sy pen verskyn – die jongste is Klinkklaar van 2021. Daarvoor ontvang hy die ATKV-Woordveertjie. Vir sy vertaalwerk uit Nederlands is hy reeds twee keer deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Hy is getroud met die joernalis en uitgewer Marlene Malan.
KURSUSLEIER
Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za