Projekbestuur in praktyk

Die doel van hierdie kursus is om praktiese vaardighede op te doen met ʼn teoretiese grondslag om projekgebaseerde werk meer effektief, doeltreffend, betyds en binne die begroting af te handel.

Begindatum

Mei 5, 2025

Formaat

Aanlyn sessies

Koste

R6000

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Identifiseer en besluit oor werklike projekte binne jou beroep
  • Praktiese opstel van ʼn werkuiteensettingskedule
  • Ontwikkel ʼn visuele voorstelling van ʼn netwerkdiagram
  • Saamstel van ʼn basiese projek met begroting, risiko’s en verslagdoening

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir enige individu wat kennis wil opdoen deur middel van praktiese toepassing; asook hul vaardighede wil verbeter in projekte identifiseer, uitvoer en suksesvol voltooi.

DATUMS

Die kursus sal oor ses weke strek vanaf 5 Mei  2025 – 8 Junie 2025.

REGISTRASIES SLUIT

28 April 2025

KURSUSAANBIEDERS

Jaun Kriel

Jaun Kriel is ʼn dosent in die departement Bestuurwetenskappe en die programkoördineerder van die Gevorderde Diploma in Projekbestuur. Hy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur, asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy beskik oor ʼn CAPM- (Certified Associate Project Manager) en DASM-sertifisering (Disciplined Agile Scrum Master) wat aan die Projekbestuurinstituut (PMI) verwerf is. Hy het meer as vyftien jaar ondervinding as dosent, waarvan elf jaar as programkoördineerder by Akademia is.

KURSUSLEIER

Jaun Kriel | jaun@akademia.ac.za