Nuus en media

Kortkursus rus besigheidsbestuurders toe met rekeningkundige en MS Excel-vaardighede

In vandag se dinamiese besigheidsomgewing loop ʼn deeglike begrip van finansiële beginsels én die doeltreffende gebruik van Microsoft Excel hand aan hand. Hierdie kennis- en vaardigheidsbasis rus besigheidsbestuurders toe om weldeurdagte besluite te kan neem. Gegewe hierdie realiteit, het die Akademia et al.-kortkursus: Basiese rekeningkundige en MS Excel-vaardighede dit ten doel om effektiewe besluitneming en […]

Kortkursus rus besigheidsbestuurders toe met rekeningkundige en MS Excel-vaardighede Read More »

Kortkursus fokus op besluitneming en beplanning vir middel- en laevlakbestuur

Effektiewe beplanning en besluitneming is ʼn kuns wat bemeester kán word. Die Akademia et al.-kortkursus, Middel- en laevlakbestuur: Besluitneming en beplanning, het dit ten doel om deelnemers met die praktiese vaardighede toe te rus om beplanning en besluitneming in effektiewe doelwitbereiking oor te skakel. Hierdie kursus begin weer op 4 Maart 2025 en sal met

Kortkursus fokus op besluitneming en beplanning vir middel- en laevlakbestuur Read More »

Akademia et al.-kortkursus rus besigheidsbestuurders toe met praktiese vaardighede

Is jy tans ʼn besigheidsbestuurder, óf droom jy daarvan om dié rol in die toekoms te vervul? Indien wel, is die Akademia et al.-kortkursus, Basiese rekeningkundige en MS Excel-vaardighede vir die besigheidsbestuurder, pasgemaak vir jou. Die doel van dié kursus is om individue toe te rus met noodsaaklike rekeningkundige vaardighede sowel as praktiese MS Excel-kennis

Akademia et al.-kortkursus rus besigheidsbestuurders toe met praktiese vaardighede Read More »

Nuwe kortkursus: Digitale media en kunsmatige intelligensie in die klaskamer

Krap jy kop oor die effektiewe gebruik van mediahulpbronne en -strategieë vir onderrig en leer doeleindes? Weet jy hoe om as onderwyser die dinamiese en tegnologiese landskap van gevorderde pedagogiek te navigeer? Akademia et al. se splinternuwe kortkursus, Digitale media en kunsmatige intelligensie (KI) in die klaskamer, het dit ten doel om by wyse van

Nuwe kortkursus: Digitale media en kunsmatige intelligensie in die klaskamer Read More »

Akademia et al. bied aan: Internasionale reikwydte en politieke impakbestuur

Die wêreld beleef die afgelope jare politieke, ekonomiese en kulturele kragmetings, plofpunte en grondverskuiwings. Groot Westerse bedrywe gebruik en ontwikkel hul vermoëns tot politieke impakbestuur, om die nuwe risiko’s en kanse wat ontstaan beter te beoordeel en wêreldwyd daarop in te speel. Die opwindende nuwe Akademia et al.-kortkursus: Internasionale reikwydte en politieke impakbestuur, bied aan

Akademia et al. bied aan: Internasionale reikwydte en politieke impakbestuur Read More »

Akademia et al. bied aan: Selfontwikkeling en afrigting – Die held se reis

Is jy ʼn geregistreerde sielkundige, berader of psigometris? Indien wel, bied die kortkursus: Selfontwikkeling en afrigting – Die held se reis, jou die ideale geleentheid om nie net jou vaardighede op te skerp nie, maar ook ʼn waardevolle voortdurende professionele ontwikkelingsgeleentheid (VPO). Die kersie op die koek? Dié kursus is vir 25 Voortgesette Onderrigeenhede (VOE’s)

Akademia et al. bied aan: Selfontwikkeling en afrigting – Die held se reis Read More »

Akademia et al. bied aan: Engels eerste addisionele-taalopleiding

Akademia et al. se kortkursus, Engels eerste addisionele-taalopleiding, begin op 7 Oktober 2024 en bied ʼn omvattende en diepgaande oorsig vir beide NGOS-studente en praktiserende onderwysers in die Senior Fase (FS)- en Verdere Onderwys en Opleiding (VOO)-onderwys. Dié kursus dek ʼn wye verskeidenheid vakspesifieke onderwerpe, sowel as relevante kwessies in die taalonderwysmilieu om studente toe

Akademia et al. bied aan: Engels eerste addisionele-taalopleiding Read More »

Akademia et al. bied aan: Onderrig van Afrikaans as addisionele taal

Ná die sukses van die vorige aflewerings van Akademia et al. se kortkursus: Onderrig van Afrikaans as addisionele taal, word dié kortkursus weer vanaf 26 Junie 2024 aangebied. Die doel van hierdie kursus is om voornemende en huidige Afrikaansonderwysers toe te rus met die kennis van die onderrig van Afrikaans as ʼn addisionele taal op

Akademia et al. bied aan: Onderrig van Afrikaans as addisionele taal Read More »