Projekbestuur in praktyk
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
- Identifiseer en besluit oor werklike projekte binne jou beroep
- Praktiese opstel van ʼn werkuiteensettingskedule
- Ontwikkel ʼn visuele voorstelling van ʼn netwerkdiagram
- Saamstel van ʼn basiese projek met begroting, risiko’s en verslagdoening
IDEALE KURSUSGANGER
Die kursus is ideaal vir enige individu wat kennis wil opdoen deur middel van praktiese toepassing; asook hul vaardighede wil verbeter in projekte identifiseer, uitvoer en suksesvol voltooi.
DATUMS
Die kursus sal oor ses weke strek vanaf 5 Mei 2025 – 8 Junie 2025.
REGISTRASIES SLUIT
28 April 2025
KURSUSAANBIEDERS
Jaun Kriel
Jaun Kriel is ʼn dosent in die departement Bestuurwetenskappe en die programkoördineerder van die Gevorderde Diploma in Projekbestuur. Hy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur, asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy beskik oor ʼn CAPM- (Certified Associate Project Manager) en DASM-sertifisering (Disciplined Agile Scrum Master) wat aan die Projekbestuurinstituut (PMI) verwerf is. Hy het meer as vyftien jaar ondervinding as dosent, waarvan elf jaar as programkoördineerder by Akademia is.
KURSUSLEIER
Jaun Kriel | jaun@akademia.ac.za