Gereelde vrae en antwoorde
Akademia et al. is ʼn opleidingsplatform wat in 2022 deur Akademia gevestig is om kortkursusse in Afrikaans aan ondernemings of professionele individue te bied.
Kortkursusse deur Akademia et al. dien nie as toelating tot Akademia-programme nie. Elke program het unieke toelatingsvereistes. Verwys na Akademia se webblad vir meer inligting oor ons geakkrediteerde graad- en diplomaprogramme/-kwalifikasies.
Die formaat verskil van kursus tot kursus. Kortkursusse word tans in drie formate aangebied: selfgerig, aanlyn en in persoon. Verwys na die kursus waarin jy belangstel vir meer inligting. Op spesiale versoek van ondernemings kan die kortkursusse ook intern of op ʼn ander plek in Suid-Afrika aangebied word.
Elke kortkursus se duur verskil. Verwys na die kortkursus se inligting vir meer besonderhede oor die duur van die kortkursus.
Punte word elektronies beskikbaar gestel. ʼn Sertifikaat van voltooiing word aan die kursusganger uitgereik.
Die Akademia et al.-bestuurspan neem diskresie om te bepaal watter kortkursusse aangebied word en verseker ook dat die Akademia-gehalte gehandhaaf word.
Voorstelle is welkom vir oorweging. Stuur gerus ʼn e-pos na etal@akademia.ac.za.
Enige persoon wat matriek (NSS) voltooi het en graag hulle kennis wil opskerp kan enige van die kursusse voltooi. Inligting by elke kortkursus dui aan wie die teikenmark vir die kursus is en wie die meeste sal baat vind by so ʼnkortkursus.
Die koste van elke kortkursus verskil na gelang van die mark, asook aard van die kursus. Verwys na die kortkursus waarin jy belangstel vir meer inligting.
Betaling kan direk op die webblad by registrasies voltooi word en/of ʼn versoek vir ʼn belastingfaktuur kan na etal@akademia.ac.za gestuur word wat binne 48 uur vanaf ontvangs vereffen moet word.
Akademia et al. bied tans nie afbetalingsooreenkomste aan nie. Daar is wel ʼn opsie om via PayFast af te betaal.
Groepbesprekings ontvang tans nie korting vir kortkursusse nie.
Bank: FNB
Rekeningnaam: Akademia
Rekeningtipe: Tjekrekening
Rekeningnommer: 62333881143
Tak: Centurion (261550)
Gebruik identiteits- of studentenommer as verwysing
Studiekorting aan Solidariteit-lede is nie van toepassing vir kursusse by Akademia et al. nie.
Algemene navrae: etal@akademia.ac.za
Finansiële navrae: finansies@akademia.ac.za
Tegniese of IT-verwante navrae: tegnies@akademia.ac.za
Kursusspesifieke navrae: Kontak die kursusleier
Verwys na die bepalings en voorwaardes-dokument hier.
Ná afloop van betaling, sal jy ’n e-pos ontvang met die intekenbesonderhede om toegang tot die Platform (die aanlyn leerbestuurstelsel) te verkry. Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, kyk gerus in jou gemorsposlêer. Klik hier vir die Platform-intekenblad.
Stuur gerus ʼn e-pos na etal@akademia.ac.za vir meer inligting oor die keuringsproses vir kursusaanbieders.
Kursusleiers is Akademia-personeel, terwyl aanbieders Akademia-dosente of ander kundiges kan wees. Verwys na die kortkursusinligting waarin jy belangstel vir meer inligting.
Kortkursusse word tans nie deur ander liggame geakkrediteer nie. In die toekoms mag dit moontlik die geval wees vir sommige kursusse, en dit sal dan so in die kortkursusinligting gekommunikeer word.
Sommige kursusse het punte vir voortgesette professionele ontwikkeling. Verwys na die kortkursus waarin jy belangstel.
Meeste kortkursusse word tans in Afrikaans aangebied.
Stuur gerus ʼn e-pos na etal@akademia.ac.za om jou versoek met ons te bespreek.
Dit is verpligtend dat kursusgangers toegang tot redelike internet- en skootrekenaarfasiliteite moet hê.
Let op die volgende minimum vereistes ten opsigte van die tegniese spesifikasies van ʼn skootrekenaar:
- ʼn Core i3-, i5- of i7-verwerker of soortgelyk
- 4 GB RAM of meer (8 GB RAM word aanbeveel)
- 20 GB beskikbare hardeskyfspasie
- SSD word sterk aanbeveel
- Werkende webkamera
- Werkende mikrofoon
- Nuutste weergawe van Google Chrome, wat ook op datum gehou moet word
Let op die volgende minimum vereistes ten opsigte van die internettoegang:
- Internetspoed van ten minste 1,5 Mbps aflaaispoed en 1 Mbps vir oplaaispoed