Effektiewe beplanning en besluitneming is ʼn kuns wat bemeester kán word. Die Akademia et al.-kortkursus, Middel- en laevlakbestuur: Besluitneming en beplanning, het dit ten doel om deelnemers met die praktiese vaardighede toe te rus om beplanning en besluitneming in effektiewe doelwitbereiking oor te skakel. Hierdie kursus begin op 17 Oktober 2024 en sal met ʼn Teams-sessie afskop waarna kursusgangers op selfregulerende pas die kursus op die aanlyn platform sal voltooi. Die kursusperiode is drie weke en loop ten einde op 6 November.
Dié kursus is ideaal vir enigiemand wat hulself met besluitneming en beplanning besig. Diegene sluit onder meer in:
- Verkoopsbestuurders
- Aankoopbestuurders
- Afdeling- en departementshoofde
- Bemarkingsbestuurders
- Operasionele bestuurders
- Toesighouers, koördineerders, spanleiers, voormanne en skofbestuurders
- Projekbestuurders
- Voorgraadse en nagraadse studente
Oor die verloop van die kursustydperk sal die volgende inhoud behandel word:
- Die agtergrond en belangrikheid van besluitneming en beplanning
- Besluitnemingsteorieë en -modelle
- Beplanningsteorieë en -modelle
- Visualisering van besluite en planne
- Scenario-analise en pasmaking van besluitneming en beplanning
Meer oor die kursusaanbieder
Elize-Mari Coetzer is die departementshoof van Bestuurswetenskappe by Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy beskik oor ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur (cum laude), asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline wat sy aan die Noordwes-Universiteit (NWU) verwerf het.
Coetzer se navorsingsfokus sluit onder meer in markprofiele, bestedingspatrone en ekonomiese bydraes. Sy is tans besig om haarself te verdiep in haar passie vir besluitneming, beplanning, prosesse en die visuele voorstelling daarvan.
Sy het vir twee jaar in die praktyk gewerk as ʼn konferensie- en spa-bestuurder en beskik oor dertien jaar se ondervinding in die hoëronderwysomgewing as programkoördineerder, mentor en dosent.
Die koste van die kursus beloop R2 900. Besigtig die Akademia et al.-webblad vir meer inligting oor dié waardetoevoegende kortkursus.