Zoeloe vir beginners
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
- Daar is een lied per les, soos byvoorbeeld die lied “Impi” deur die groep Juluka.
- Dialoog waarin die student begelei word om in gesprek te tree met ʼn Zoeloesprekende.
- Een aspek van Zoeloe se taalleer word per les bespreek.
- Spesifieke idiome en gesegdes in Zoeloe word bekendgestel.
IDEALE KURSUSGANGER
Die kursus is ideaal vir enige persoon wat die behoefte het om meer oor Zoeloe te leer en sy/haar gespreksvaardighede in Zoeloe onder die knie te kry.
DATUMS
Die kursus strek oor agt weke vanaf Donderdag 27 Februarie tot Donderdag 24 April 2025.
Daarna:
Datum: Donderdag 27 Februarie 2025 Week 1 – Leereenheid 1: Naamwoordklasstelsel
Datum: Donderdag 6 Maart 2025, Week 2 – Leereenheid 2: Naamwoord + werkwoord
Datum: Donderdag 13 Maart 2025, Week 3 – Leereenheid 3: Die voornaamwoord
Datum: Donderdag 20 Maart 2025, Week 4 – Leereenheid 4: Die werkwoord (tye)
Datum: Donderdag 27 Maart 2025, Week 5 – Leereenheid 5: Die werkwoord (agtervoegsels)
Datum: Donderdag 3 April 2025, Week 6 – Leereenheid 6: Die imperatief
Datum: Donderdag 10 April 2025, Week 7 – Leereenheid 7: Voorsetsels
Datum: Donderdag 24 April 2025, Week 8 – Leereenheid 8: Ideofone
Elke leereenheid bestaan uit die volgende komponente: lied, dialoog, taalleer, idiome en gesegdes, asook geskiedenis
REGISTRASIES SLUIT
20 Februarie 2025
KURSUSAANBIEDERS
Frikkie Mulder
Frikkie (JFK) Mulder is ʼn taalkundige, ʼn historikus, en ʼn teoloog. Mulder matrikuleer aan die Hoërskool Waterkloof in 1989 en studeer daarna BA (Tale) by die Universiteit van Pretoria. In hierdie tyd begin hy in sy liefde vir tale meer en meer plaaslike tale aan te leer. Hy doen voorts ʼn hoëronderwysdiploma en voltooi daarna ʼn honneursgraad in Zoeloe. Hy dien in hierdie tyd as taalpraktisyn by die SAUK se TV-reeks Soul City.
Daarna studeer hy teologie deur die John Wycliffe Theological College in Randburg en verwerf so ʼn BA (Teologie)-graad deur die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Hy trou in 1998 met Shakinah Moosa waarna hulle na Oekraïne vertrek vir Christelike sendingwerk. Ná hulle terugkeer na Suid-Afrika in 2003 in Laudium, Wes van Pretoria vir ʼn paar jaar. Daarna gee hy vir ʼn paar jaar skool by Midstream Kollege in Midrand en dien daarna weer as prediker by Legend Golf and Safari Resort naby aan Potgietersrus.
Intussen voltooi hy sy teologiese studie en word tot die bediening in die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika toegelaat, waarna hy beroep word na die Gereformeerde kerke Amanzimtoti en Durban. Daar dien die Mulders van 2013 tot 2018 waarna Frikkie eervolle ontslag van die amp as predikant ontvang. Hy word in hierdie tyd as een van die topbydraers by die derde grootste Zoeloe-koerant in Suid-Afrika – BAYEDE uitgewys. Hulle woon vir ʼn tyd in Pretoria en verhuis daarna na die Wes-Kaap.
Frikkie hou hom sedert 2020 besig met die aanlyn onderrig van Zoeloe aan die hand van kursusse wat hy self skryf. Aan die einde van Oktober 2022 val dit hom te beurt om die nuwe Zoeloe-koning by die Moses Mabhida-stadion in Zoeloe en Afrikaans voor die skare mense toe te spreek, en hy dien ook as tolk op die plaas Thengisangaye buite Middelburg in 2024 wanneer hy koning Misuzulu kaZwelithini se Engelse toespraak aan die afgevaardigdes daar in Zoeloe tolk. Die Mulders het vyf kinders – vier dogters en ʼn seun.
Mulder is ʼn poliglot wat meer as tien tale kan praat, net om enkeles te noem, Zoeloe, Xhosa, Russies, Pedi, Tswana, Afrikaans en Engels.
KURSUSLEIER
Karien Brits | karien@akademia.ac.za