Skryfnet: Wat die uitgewer wil hê wanneer jy jou manuskrip voorlê
Droom jy daarvan om jou manuskrip by ʼn uitgewer in te dien, maar weet jy nie presies waarna hulle soek nie? Hierdie blitsles neem die raaisel uit die keuringsproses en wys hoe ʼn professionele manuskripvoorlegging behoort te lyk. Jy leer watter foute skrywers gereeld maak, waarom manuskripte afgekeur word en hoe jy jou kanse op publikasie aansienlik kan verbeter. Dié kortkursus verduidelik ook hoe die uitgeeproses werk, van aanvaarding tot die boek uiteindelik op die rak verskyn. Dit is ʼn praktiese gids vir enige skrywer wat voorbereid, professioneel en met selfvertroue wil indien.

Begindatum

Enige Tyd

Formaat

Selfgerigte leer

Koste

R450

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Die grootste foute wat skrywers maak wanneer hulle ʼn manuskrip indien
  • Waarna uitgewers werklik soek wanneer hulle manuskripte keur
  • Hoe om ʼn professionele manuskripvoorlegging saam te stel
  • Die algemeenste redes waarom manuskripte afgekeur word
  • Praktiese maniere om jou kanse op publikasie te verbeter
  • Die uitgeeproses: van aanvaarding tot publikasie

IDEALE KURSUSGANGER

Enigiemand wat meer wil weet oor die boekuitgeeproses.

KURSUSAANBIEDER(S)

Frederick Botha is op 23 Junie 1988 gebore. Hy verwerf ʼn doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Noordwes-Universiteit, asook ʼn meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. In 2026 verskyn sy debuutkortverhaalbundel, Seuns weet, by Protea Boekhuis. Hy woon in Kaapstad en is fiksieredakteur by Human & Rousseau, ʼn druknaam van Jonathan Ball Uitgewers.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za