Begindatum
Formaat
Koste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
- Inleiding tot verbeeldingryke verhaalruimtes
- Bou jou wêreld uit wat jy reeds ken
- Gee jou wêreld duidelike reëls
- Gebruik geskiedenis om geloofwaardigheid te skep
- Maak jou wêreld relevant met aktuele temas
- Skep atmosfeer met name en taal
IDEALE KURSUSGANGER
Enigiemand wat meer wil weet oor die skep van ʼn verbeeldingryke ruimte in ʼn storie.
KURSUSAANBIEDER(S)
Carina Stander (gebore 1976) is ʼn visuele kunstenaar, digter, romanskrywer en reisjoernalis wat in die Waterberge grootgeword het.
Sy behaal ʼn honneursgraad in Beeldende Kuns aan die Universiteit van Pretoria en voltooi ʼn meestersgraad (cum laude) in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.
Ná werkservaring in Cambridge en die Skotse Hoogland vestig sy haarself as vryskutjoernalis. Sy het sowat 300 reisartikels op haar kerfstok.
Haar twee digbundels en vyf romans is telkens met kunsuitstallings bekendgestel waarin sy haar skryfwerk visueel uitbeeld, terwyl talle van haar gedigte, kortverhale en twee van haar romans vir skole voorgeskryf is. ʼn Aantal van haar gedigte is ook getoonset.
Haar eerstelingroman, Wildvreemd (2011), is in Nederlands vertaal. Tussen 2017 en 2024 publiseer sy die betowerende Bergengel-reeks. Al vier boeke in die reeks is volledig op RSG voorgelees. Stander woon sedert 2008 in die Tsitsikamma saam met haar man en twee seuns.
KURSUSLEIER
Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za