Skryfnet: Skryf soos ʼn joernalis
Skryf soos ʼn joernalis, is ʼn praktiese kursus wat onervare óf meer ervare joernaliste toerus om vir gemeenskapsmedia te skryf – veral in ʼn digitale omgewing. Dis ontwikkel deur Maroela Media se span ervare joernaliste en is geskik vir enigiemand wat belangstel in gemeenskapsjoernalistiek of wat basiese vaardighede vir ʼn moontlike beroep as joernalis wil aanleer.

Begindatum

14 September 2026

Formaat

Tien weke aanlyn kursus

Koste

R4 300

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

Week 1: Inleiding en oriëntering
Week 2: Waarom joernalistiek?
Week 3: Wat is nuus? Deel 1
Week 4: Wat is nuus? Deel 2
Week 5: Onderhoudvoering
Week 6: Die skryf van ʼn nuusberig
Week 7: Fotografie
Week 8: Etiese joernalistiek
Week 9: Joernalistiek in klankformaat
Week 10: Afsluiting

IDEALE KURSUSGANGER

Enigiemand wat graag die basiese beginsels van joernalistiek wil leer

KURSUSAANBIEDER(S)

Elaine Krige het haar graad in Joernalistiek aan die Universiteit van Pretoria verwerf en haar loopbaan in 2011 by Beeld in Pretoria afgeskop. Later het sy vir The Citizen en Rapport gewerk, voordat sy as nuusredakteur by Maroela Media aangesluit het. Sy het ook haar meestersgraad in Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, waar sy gespesialiseer het in media-etiek. Ná meer as vyftien jaar in die bedryf, het sy besluit om vir eers haar eie pen neer te sit ten einde te help om die volgende generasie joernaliste by Akademia op te lei. Sy is gelukkig getroud met twee pragtige seuntjies.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za