Begindatum
Formaat
Koste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
Week 1: Inleiding en oriëntering
Week 2: Die verskil tussen die romanse en liefdesroman
Week 3: Elemente van ʼn goeie liefdesverhaal: karakterontwikkeling en dialoog
Week 4: Elemente van ʼn goeie liefdesverhaal: plot en spanning
Week 5: Elemente van ʼn goeie liefdesverhaal: vroulike perspektief
Week 6: Afsluiting
IDEALE KURSUSGANGER
Enigiemand wat graag ʼn liefdesverhaal wil skryf
KURSUSAANBIEDER(S)
Kursusaanbieder
Elsa Winckler is ʼn internasionaal gerekende romanseskrywer met meer as vyftig boeke op haar kerfstok. Haar werk word gekenmerk deur onafhanklike, hardekwas heldinne wat sy oortuigend teenoor sterk, sensitiewe helde plaas. Sy is op Upington gebore en het aan Hoërskool Upington gematrikuleer, waarna sy as laerskoolonderwyser in Wellington gekwalifiseer het. Op veertig het sy haar studies hervat en verdere grade met lof voltooi. Sedert 2010 skryf sy voltyds in Afrikaans en Engels en haar werk het reeds by vele verskillende uitgewers verskyn. Sy het verskeie ATKV-Woordveertjies ontvang vir onder meer Tussen jazz en rock (waarmee sy haar debuut as skrywer gemaak het); Te eenders, te anders (2009); Liefde in laslap (2015) en Blameer die skoenlapper (2019). Met haar nuutste boek, ʼn Knippie Moord (2026), betree sy ʼn splinternuwe genre, wat net weereens haar veelsydigheid as woordkunstenaar bevestig.
Kursusontwikkelaar
Madri Victor was vir lank ʼn besturende redakteur by Penguin Random House waar sy verantwoordelik was vir Lapa se fiksie. Victor was ook voorheen as redakteur verantwoordelik vir die liefdesverhale wat by NB-Uitgewers verskyn het en sy het die eerste chick-lit in Afrikaans gepubliseer. Sy bied ook skryfwerkswinkels aan, doen vryskutmanuskripontwikkeling en mentor jong skrywers. Voorheen het sy as aflosdosent Afrikaanse letterkunde by die Universiteit van Kaapstad onderrig. Sy was boonop die koördineerder van die Woordfees se skrywersfees, het die jaarlikse kortverhaalkompetisie van stapel gestuur en opgetree as samesteller van die Woordfees se kortverhaalbundel. Haar eie kortverhale is opgeneem in Break the spell / Spreek die woord (2016), Kleur van die liefde (2017) en Die perfekte brander (2017).
KURSUSLEIER
Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za