Skryfnet: Skryf ’n liedjie
Skryf ’n Liedjie is ’n praktiese kursus vir enigiemand wat graag liedjies wil skryf. Dit is ontwikkel deur kenners in die musiekbedryf en kombineer vier weke se teorie met ’n praktiese kontaksessie van twee dae. Gedurende die vier weke aanlyn sessie word deelnemers begelei om ’n liedjie te skryf, wat tydens die praktiese sessie getoonset en afgerond word.

Begindatum

3 Mei 2027

Formaat

Vier weke aanlyn kursus + twee dae praktiese kontaksessie in Pretoria

Koste

R5 500

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

Die kursus is soos volg gestruktureer:

Week 1: Waar begin ek?

Week 2: Van woord na vers

Week 3: Gee vorm aan jou woorde

Week 4: Melodie

 

Praktiese kontaksessie

4 en 5 Junie 2027 in Pretoria

Toonsetting en finale afronding van liedjie

Meer inligting oor die musiekbedryf

IDEALE KURSUSGANGER

Enigiemand wat graag wil leer liedjies skryf wat met die hart praat.

KURSUSAANBIEDER(S)

Kursusaanbieder

Deon Meiring het op laerskool sy eerste liedjies begin skryf. Hy het gedink dit gaan help met sy sukkelende romantiese loopbaan. Dit het nie, maar hy het nogtans aanhou skryf. Vandag is hy getroud en sy liedjies speel dwarsoor Suid-Afrika deur middel van sy gevestigde soloprojek en groepe, Glaskas en Dans Dans Lisa. Dié begaafde musikant se musiek is al in films en op TV gebruik. Hy het ook al talle opkomende liedjieskrywers begelei om hulle vaardighede te verfyn. Hy skryf en bring ook steeds gereeld nuwe musiek uit.

 

Mede-aanbieder tydens die praktiese sessie

Lucinda Bosch is ’n sangeres, liedjieskrywer, kunstenaar en kunsdirekteur van Linden, Johannesburg. Sedert haar tienerjare is sy die stem agter Die Melktert Kommissie, wat in 2002 die JIP Rockspaaider-kompetisie gewen het en daarna verskeie albums en musiekvideo’s vrygestel het. Haar sololoopbaan het in 2019 momentum gekry met die kortspeelplaat Waar Die See Die Kus Omhels saam met Bouwer Bosch, gevolg deur haar eerste enkelsnit “Weerloos” in 2020 en haar album Uitskryf in 2021.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za