Skryfnet: Skryf ʼn goeie lesersindruk
Het ʼn boek jou al só aangegryp dat jy dit met almal wou deel, maar nie mooi geweet het hoe om jou gedagtes in woorde te sit nie? In hierdie blitsles leer deelnemers hoe om hul persoonlike leeservaring in ʼn boeiende, goed gestruktureerde lesersindruk te omskep. Van aandagtig lees en die uitlig van kernindrukke tot die verwoording en motivering van ʼn mening – elke tema bied praktiese leiding om met groter selfvertroue oor boeke te gesels. Deelnemers ontdek ook hoe om hul lesersindrukke vir teks, video of klank aan te pas en só hul liefde vir lees met ander te deel.

Begindatum

Enige Tyd

Formaat

Selfgerigte leer

Koste

R450

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Wat is ʼn lesersindruk?
  • Hoe om met aandag te lees
  • Vind jou kernindruk
  • Vertel genoeg, maar verklap min
  • Staaf jou mening
  • Bou en verfyn jou lesersindruk

IDEALE KURSUSGANGER

Enigiemand wat graag lees en wil leer hoe om hul gedagtes oor ʼn boek op ʼn interessante en oortuigende manier met ander te deel.

KURSUSAANBIEDER(S)

Anschen Conradie verwerf haar BJuris-graad aan die destydse UPE en begin in 1991 as staatsaanklaer werk. Sy verwerf in 1999 haar LLB-graad aan Unisa, word as advokaat toegelaat en tree in 2025 uit die regsberoep. Sy was van kinderdae af versot op lees en het begin boeke versamel vandat sy kan onthou. Wanneer sy nie lees nie, is sy op ʼn perd se rug en plaas gereeld lesersindrukke en resensies as #uitdieperdsebek. In 2025 het sy ʼn erepenning van die Afrikaanse Taalraad vir hierdie werk ontvang.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za