Begindatum
Formaat
Koste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
Die Skryf ’n gedig-werkswinkel is geskik vir enigiemand wat graag met woorde en verse wil woeker, ongeag van hoe ervare jy is op dié gebied. Dit neem jou op ’n kreatiewe reis van daardie heel eerste oomblik wat jy jou gedagtes en gevoelens op papier neerpen, totdat jy uiteindelik met ’n pragtig afgeronde gedig kan spog.
PLEK
Akademia se Paarl-kampus
KURSUSAANBIEDER(S)
Prof. Bernard Odendaal was 32 jaar lank ’n letterkunde- en skryfkunsdosent. Twee digbundels deur hom het die lig gesien. In samewerking met Hans du Plessis is hy ook die skepper van die Paasspelbundel, Kruis van Liefde. As liedteksskrywer en -vertaler werk hy meer aan verskeie konserte en CD’s, asook aan die bundel chansonvertalings, Piaf & Brel: Luisterryk. ’n Keur uit koerantrubrieke deur hom verskyn as Woorde hul storie sien ken. As vakkundige het hy reeds sowat 200 boekresensies en 75 vakkundige artikels en boekbydraes gelewer.
Fourie Botha is ’n uitgewer en Afrikaanse digter. Hy is die skrywer van die bundels Donkerkamer (2011), benoem vir die Ingrid Jonker-prys, Krap uit die see (2017) en Kolam (2025). Van sy werk is onder meer opgeneem in Nuwe Stemme en Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Hy is ’n redaksionele konsultant vir Catalyst Press, ’n Amerikaanse uitgewer wat spesialiseer in die publikasie van skrywers van Afrika. Hy is ook die uitgewer van die onafhanklike plaaslike uitgewery Painted Dog Press.
KURSUSLEIER
Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za