Begindatum
Formaat
Koste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
- Die belangrikheid van sterk karakters in ʼn storie
- Die boustene van ʼn geloofwaardige karakter
- Doelwitte, konflikte en karaktergroei
- Persoonlikheid, trauma en die invloed op die storie
- Leer jou karakter werklik ken
- Praktiese karakterontwikkeling
IDEALE KURSUSGANGER
Enigiemand wat meer wil weet oor karakterontwikkeling.
KURSUSAANBIEDER(S)
Elsa Winckler skryf sedert 2008, nadat sy haar honneursgraad in Engels en MPhil in Dokumentanalise en -ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het.
Dit was juis tydens haar studies dat sy die klassieke skrywers ontdek het wat haar kreatiewe stem help vorm het. Die stories wat reeds van kleins af in haar verbeelding geleef het, het uiteindelik hul weg na papier gevind.
Buiten haar skryfwerk is sy ʼn toegewyde ma en ouma. Sy geniet dit om tyd saam met haar familie deur te bring en glo daar is min dinge so kosbaar soos om vir geliefdes kos te maak.
Winckler is een van Afrikaans se mees geliefde romanskrywers. Sy het reeds 66 Afrikaanse romans, 17 Engelse boeke en twee kinderboeke gepubliseer. Vier van haar romans is met die ATKV-Woordveertjie vir liefdesverhale en romanses bekroon. Sy het ook verskeie kortverhale geskryf wat in bundels opgeneem is. Haar jarelange ervaring as skrywer en storieverteller maak haar die ideale gids vir enigeen wat onvergeetlike karakters wil leer skep.
KURSUSLEIER
Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za