Selfontwikkeling en afrigting – Die held se reis
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
- ʼn Dieper begrip van lewensdoel en tegnieke om dit te ondersoek
- Begrip en tegnieke om talente te verstaan in die konteks van die lewensdoel
- Selfinsig in denkpatrone en oortuigings wat potensiaal kan belemmer of ondersteun
- Strategieë om denkpatrone en oortuigings te vorm om die lewensdoel te ondersteun
- Projek: Ontwikkeling van ʼn lewensplan om besluite daarvolgens uit te voer
IDEALE KURSUSGANGER
Die kursus is ideaal vir geregistreerde sielkundiges, beraders en psigometriste vir voortdurende professionele ontwikkeling (VPO), aangesien die kursus vir 25 Voortgesette Onderrigeenhede (VOE’s) by die RGBSA geregistreer is.
DATUMS
KURSUSAANBIEDERS
Dr. Rina Steynberg
Dr. Rina Steynberg is ʼn dosent by Akademia in die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-fakulteit. Sy het ʼn doktorsgraad in Leierskap en Veranderingsbestuur en is ʼn geregistreerde bedryfsielkundige. Sy het meer as twintig jaar ondervinding as bestuurskonsultant waarin sy spesialiseer in strategie, kultuurwerk en leierskapontwikkeling asook as toesighoudende sielkundige vir intern sielkundiges en psigometriste optree. Dr. Steynberg doseer tans innovasiebestuur en organisatoriese bestuur en haar navorsingsfokus is leierskap, veranderingsbestuur en die neurowetenskap.
Ds. Cobus Swart
Ds. Cobus Swart het ʼn MA-graad in Godsdiens- en Bybelwetenskap verwerf en het vir die afgelope sestien jaar as leraar gewerk, eers voltyds en nou deeltyds. Sy diepgaande belangstelling in hermeneutiek, wat handel oor hoe mense sin maak van die wêreld, het hom betrokke gemaak by verskeie beradingsgeleenthede, veral met leiers. Hierdie belangstelling het hom aangespoor om ook ʼn BCom-graad in Bedryfsielkunde te voltooi, om ʼn dieper begrip van sielkunde in die besigheidswêreld te ontwikkel. Ds. Swart se studie- en werksondervinding stel hom in staat om ewe gemaklik te funksioneer binne beide die teologiese en besigheidsomgewing.
KURSUSLEIER
Dr. Rina Steynberg | rinas@akademia.ac.za