Rentekoerse en monetêre beleid
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
- Basiese ekonomiese konsepte.
- Besigheidsiklus / konjunktuur.
- Inflasie
- Funksies van die Reserwebank
- Ekonomiese en monetêre beleid
- Transmissie van rentekoerse en monetêre beleid
IDEALE KURSUSGANGER
Die kursus is ideaal vir
- Uitvoerende amptenare, senior bestuurders, funksionele hoofde en bestuurders;
- Besigheidskonsultante, analiste, finansiële en strategiese adviseurs;
- Boere;
- Kleinsake-entrepreneur en eienaars van kleinsakeondernemings;
- Onderwysers en lektore en
- Finansiële adviseurs wat kredietpunte moet verkry
DATUMS
Die kursus sal oor ses maande sedert die deelnemer inskryf.
REGISTRASIES SLUIT
27 Julie 2026
KURSUSAANBIEDERS
Dr. Sandra Adendorff
Dr. Sandra Adendorff is ʼn senior dosent in Ekonomie by Akademia, en het ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was voorheen werksaam by die Universiteit van Pretoria, asook die Reserwebank. Adendorff se navorsingsfokus is ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer die nuwe uitgawe van Economic Indicators en Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford). Daarbenewens het sy artikels en publikasies vir verskeie instansies geskryf, en ʼn aantal referate by internasionale konferensies gelewer. Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte. Sy doseer tans die modules Ekonomie en Internasionale Handel by Akademia.
KURSUSLEIER
Dr. Sandra Adendorff | sandra@akademia.ac.za