Projekbestuur in praktyk

Die doel van hierdie kursus is om praktiese vaardighede op te doen deur om projekgebaseerde werk meer effektief, doeltreffend, betydsop tyd en binne begroting af te handel.

Begindatum

Junie 15, 2026

Formaat

Slegs aanlyn sessies

Koste

R6 000

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Identifisering en keuse van werklike projekte binne jou beroep
  • Praktiese opstel van ʼn werkuiteensettingskedule (WBS)
  • Ontwikkel ʼn visuele voorstelling van ʼn netwerkdiagram
  • Saamstel van ʼn basiese projek met begroting, risiko’s en verslagdoening

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir enige individu wat kennis wil opdoen om deur middel van praktiese toepassing hul vaardighede te verbeter om projekte te identifiseer, uit te voer en suksesvol te voltooi.

DATUMS

Aktiwiteit Week Aanlyn fasilitering
Oriënteringsweek 15-21 Junie 18 Junie

17:30-18:30

Tema 1: Identifisering en omskrywing van praktykgerigte projek 22-28 Junie 23 Junie

17:30-18:30

Tema 2: Werkuiteensettingskedule (WBS) 29 Junie-5 Julie 2 Julie

17:30-18:30

Tema 3: Netwerkdiagram    Individuele terugvoersessies 6-12 Julie 9 Julie

17:30-18:30

Tema 4: Basiese begroting en risiko’s 13-19 Julie 16 Julie

17:30-18:30

Tema 5: Verslagdoening     Individuele terugvoersessies 20-26 Julie 27 Julie

17:30-18:30

REGISTRASIES SLUIT

15 Junie 2026

KURSUSAANBIEDERS

Mnr. Jaun Kriel

Jaun Kriel is ʼn onafhanklike konsultant in projek- en produksiebestuur aan Rigora, asook ʼn direkteur van Legato. Hy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur, asook honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy beskik oor PMP (Project Management Professional)- en DASM (Disciplined Agile Scrum Master)-sertifisering aan die Projekbestuurinstituut (PMI). Hy het meer as agtien jaar ervaring as dosent, waarvan dertien jaar as programkoördineerder aan Akademia was.

KURSUSLEIER

Jaun Kriel | jaun@akademia.ac.za