Ontwikkel ’n persoonlike handelsmerk

Die eendagwerkswinkel sal aan kursusgangers praktiese hulpmiddels bied om hul persoonlike handelsmerk te ontwikkel, te verbeter en te bestuur. Die kursus is ontwerp om interaktief en aksiegeoriënteerd te wees, sodat deelnemers met ʼn duidelike plan wegstap wat hulle onmiddellik kan implementeer.

Begindatum

Mei 9, 2025

Formaat

In persoon

Koste

R1600

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

Kursusinhoud

  • Die belangrikheid van ʼn persoonlike handelsmerk in vandag se besigheidswêreld
  • Hoe om jou persoonlike handelsmerk in die digitale era te ontwikkel
  • Hoe om toesprake, media-onderhoude en netwerkgeleenthede optimaal te benut
  • Die ontwikkeling van ʼn persoonlike handelsmerkstrategie wat belyn is met langtermynloopbaandoelwitte

Ideale kursusganger

Hierdie kursus is geskik vir enigeen wat hul persoonlike handelsmerk wil ontwikkel om hul teikengehoor te bereik en hulself as ’n geloofwaardige kenner in hul veld te vestig. Dit is nie beperk deur ouderdom, posisie of beroep nie en spreek ʼn wye spektrum aan, insluitend professionele persone (soos dokters, prokureurs, joernaliste en mediapraktisyns), entrepreneurs, besigheidseienaars, smaakmakers, inhoudskeppers en kunstenaars.

Datums

Die kursus word tydens ʼn kontakwerkswinkel op 9 Mei 2025 vanaf 08:30 tot 15:00 in Centurion aangebied.

Plek

Leriba-kampus: Endstraat 245, Clubview, Centurion

Registrasies sluit

5 Mei 2025

KURSUSAANBIEDERS

Peter Pentz 

Peter Pentz is ʼn derdegeslaglid van die Pentz-familie, wat saam met sy pa en oupa aktief betrokke is by hulle familieplaas, Groote Post-wynlandgoed. Nadat hy sy graad in Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus voltooi het, het Pentz ʼn loopbaan in die kommunikasie-agentskapbedryf gevolg en met van die voorste korporatiewe wynhandelsmerke in die land saamgewerk.

Hy het by die familieplaas aangesluit gedurende die week toe die inperking aangekondig is en het onmiddellik ʼn beduidende impak gemaak deur alle maatskappykommunikasie te stroomlyn en effektiewe e-handelstrategieë te implementeer.

Tans is hy verantwoordelik vir die handelsmerk se kommunikasie- en bemarkingaktiwiteite. Hy verskyn gereeld op TV en radio, waar hy sy kundigheid oor verskeie onderwerpe rakende Suid-Afrikaanse wyn deel. Onder meer het hy al op prominente nuuskanale soos BBC, CNN en eNCA verskyn.

In 2022 is Pentz erken as een van die mees invloedryke individue onder 30 in die Suid-Afrikaanse wynbedryf en is opgeneem in Wineland Media se gesogte Top 30 onder 30-ranglys. Peter tree ook gereeld op as spreker en seremoniemeester.

KURSUSLEIER

Dr. Alé Steyn | asteyn@akademia.ac.za

Dr. Hélanie Jonker l helaniej@akademia.ac.za