Middel- en laevlakbestuur: Besluitneming en beplanning

Middel- en laevlakbestuur: Besluitneming en beplanning het ten doel om individue in staat te stel om verskeie besluitnemings- en beplanningsteorieë en -modelle vanuit akademiese bronne te evalueer. Op grond van dié evaluering sal die individu pasgemaakte besluitneming en beplanning kan uitvoer volgens verskeie scenario’s, om sodoende gestelde doelwitte effektief te bereik en ʼn sinvolle impak daarmee teweeg te bring in die omgewing waarin die individu funksioneer.

Begindatum

1 Oktober 2026

Formaat

Aanlyn sessies

Koste

R3 300

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

• Agtergrond en belangrikheid van besluitneming en beplanning;
• Besluitnemingsteorieë en -modelle;
• Beplanningsteorieë- en modelle; en
• Scenario-analise en pasmaking van besluitneming en beplanning

IDEALE KURSUSGANGER

  • middelvlakbestuurders, byvoorbeeld verkoopsbestuurders, aankoopbestuurders, afdelings-/departementshoofde, bemarkingsbestuurders, operasionele bestuurders, plaasbestuurders, ens.
  • laevlakbestuurders, byvoorbeeld toesighouers, voormanne, klerke, spanleiers, skofbestuurders, ens.
  • voorgraadse en nagraadse studente wat die kuns van besluitneming en beplanning wil bemeester tot voordeel van hul eie ontwikkeling met die oog op hul bestaande studies en toekomstige loopbaanreis

DATUMS

Week 1: Teams

Donderdag, 1 Oktober 2026

18:00 – 20:00

  • Agtergrond en belangrikheid van besluitneming en beplanning
Week 1 – 3: Interaktiewe inhoud op selfregulerende pas via die Platform
  •  Besluitnemingsteorieë en – modelle
  • Beplanningsteorieë en – modelle
  • Scenario analise en pasmaking van besluitneming en beplanning
  • Voltooi opdrag
Week 3: Teams

Donderdag, 22 Oktober 2026

18:00 – 20:00

  • Algemene refleksie op kursusinhoud en terugvoer op opdrag

REGISTRASIES SLUIT

28 September 2026

KURSUSAANBIEDERS

Elize-Mari Coetzer

Elize-Mari Coetzer is die Bestuurswetenskappe-departementshoof in Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur (cum laude), asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Coetzer se navorsingsfokus was markprofiele, bestedingspatrone en ekonomiese bydraes. Sy is tans besig om haarself te verdiep in haar passie vir besluitneming, beplanning, prosesse en die visuele voorstelling daarvan. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is die artikel “Expenditure-based segmentation of visitors to the Wacky Wine Festival”, in die vaktydskrif Tourism Recreation Research. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society. Sy het twee jaar in die praktyk as ʼn konferensie- en spa-bestuurder gewerk en het dertien jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing, onder andere as programkoördineer, mentor en dosent.

KURSUSLEIER

Elize-Mari Coetzer  |  elize-mari@akademia.ac.za