Kuns van verkope: SPIN-vrae

Hierdie kortkursus handel oor ʼn raamwerk (SPIN) om effektiewe vrae te vra tydens die verkopegesprek tussen die verkoper en koper om sodoende seker te maak dat die transaksie plaasvind of doelwitte bereik word.

SPIN-verkope is ʼn klassieke verkoopsmetodologie vir ‘n rede: dit is ʼn hoogs effektiewe benadering om goeie koper-verkoper-verhoudings te bou. SPIN-vrae word deur meer as 90% van die Fortune 500-maatskappye gebruik om hul verkoopspersoneel op te lei. Die SPIN-vrae is ontwikkel deur Neil Rackham nadat hy twaalf jaar lank navorsing gedoen het deur 35 000 verkoopsgesprekke te evalueer.

Tydens die vier aanlyn sessies word jy blootgestel aan SPIN-vrae asook die praktiese toepassing daarvan in jou eie omstandighede. Hierdie vier sessies is gevul met aanlyn aktiwiteite, en praktiese toepassing van ʼn navorsingsbegronde verkoopstegniek.

Begindatum

Mei 28, 2025

Formaat

Aanlyn sessies

Koste

R2200

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

Kursusinhoud

• Die begronding van verkope en die SPIN-raamwerk;
• Ontleding van teikengehoor;
• SPIN-vrae en die waarde daarvan; en
• SPIN-vrae in eie konteks.

Ideale kursusganger

Die kursus is ideaal vir enige verkoopspersoon, asook persone wat idees, produkte of dienste aan ʼn bepaalde mark moet verkoop.

Datums

Een aanlyn kontaksessie op 28 Mei 2025

Plek

Registrasies sluit

21 Mei 2025

KURSUSAANBIEDERS

Salomien Boshoff

Salomien Boshoff is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur. Sy het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur, asook ʼn honneursgraad in Bemarking aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy behaal haar MCom in Ondernemingsbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat met die verhandeling getiteld “Spanwerk as ʼn vaardigheid vir die bemarking van gegradueerdes”. Boshoff se navorsingsfokus is indiensnemingsvaardighede, bemarking – veral groen bemarking, verbruikerservaring en sy ontwikkel ʼn raamwerk genaamd STACK wat fokus op verskeie kennisvelde wat nodig is om as individu jou volle potensiaal te ontdek. Sy dien as vakhoof binne Ondernemingsbestuur, en dien op Solidariteit se advieskomitee vir die Bemarking en Kommunikasie-netwerk. Boshoff bied verskeie Akademia et al-kursusse in haar kennisveld aan.

KURSUSLEIER

Salomien Boshoff |  salomien@akademia.ac.za