Kuns van verkope: SPIN-vrae (Bloemfontein)
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
Kursusinhoud
- Ondersoek die begronding van verkope en SPIN-raamwerk
- Ontleed eie teikengehoor
- Verstaan SPIN-vrae asook die waarde daarvan
- Pas SPIN-vrae in hul eie konteks toe
Ideale kursusganger
Die kursus is ideaal vir enige verkoopspersoon, asook persone wat idees, produkte of dienste aan ʼn bepaalde mark moet verkoop.
Datums
Een in persoon kontaksessie op 21 Augustus 2026.
Plek
Akademia-sentrum in Bloemfontein.
Koppieweg 1, The Towers-winkelsentrum, Langenhovenpark, Bloemfontein, 9330
Registrasies sluit
20 Augustus 2026
KURSUSAANBIEDERS
Salomien Boshoff
Salomien Boshoff is ʼn dosent vir verskeie Bestuurswetenskappe-modules aan Akademia en die Sakeskool van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Sy beskik oor ʼn meestersgraad in Ondernemingsbestuur met spesialisasie in Bemarking. Haar passie vir onderrig en leer rig haar navorsing sodat die verskillende wyses waarop studente leer, begryp kan word. Haar navorsing is in nasionale en internasionale geakkrediteerde vakkundige joernale gepubliseer. Sy het meer as sewentien jaar se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het.
KURSUSLEIER
Salomien Boshoff | salomien@akademia.ac.za