Kuns van verkope: SPIN-vrae (Aanlyn)
SPIN-verkope is ʼn klassieke verkoopsmetodologie vir ‘n rede: dit is ʼn hoogs effektiewe benadering om goeie koper-verkoper-verhoudings te bou. SPIN-vrae word deur meer as 90% van die Fortune 500-maatskappye gebruik om hul verkoopspersoneel op te lei. Die SPIN-vrae is ontwikkel deur Neil Rackham nadat hy twaalf jaar lank navorsing gedoen het deur 35 000 verkoopsgesprekke te evalueer.
Tydens die vier aanlyn sessies word jy blootgestel aan SPIN-vrae asook die praktiese toepassing daarvan in jou eie omstandighede. Hierdie vier sessies is gevul met aanlyn aktiwiteite, en praktiese toepassing van ʼn navorsingsbegronde verkoopstegniek.
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
Kursusinhoud
• Die begronding van verkope en die SPIN-raamwerk;
• Ontleding van teikengehoor;
• SPIN-vrae en die waarde daarvan; en
• SPIN-vrae in eie konteks.
Ideale kursusganger
Die kursus is ideaal vir enige verkoopspersoon, asook persone wat idees, produkte of dienste aan ʼn bepaalde mark moet verkoop.
Datums
Vrydag 2 Februarie 2024 tussen 09:00-11:00 via Teams
Vrydag 9 Februarie 2024 tussen 09:00-11:00 via Teams
Vrydag 16 Februarie 2024 tussen 09:00-11:00 via Teams
Vrydag 23 Februarie 2024 tussen 09:00-11:00 via Teams
Plek
Aanlyn via Teams
Registrasies sluit
30 Januarie 2024
KURSUSAANBIEDERS
Salomien Boshoff
Salomien Boshoff is ʼn dosent vir verskeie modules in Bestuurswetenskappe by Akademia en die Sakeskool van die Universiteit van die Vrystaat. Sy beskik oor ʼn meestersgraad in Ondernemingsbestuur met spesialisasie in Bemarking. Haar passie vir onderrig en leer rig haar navorsing om verskillende wyses waarop studente se leer bevorder kan word, te verstaan Haar navorsing is gepubliseer in nasionale en internasionale geakkrediteerde vakkundige joernale. Sy het meer as veertien jaar se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het.
KURSUSLEIER
Salomien Boshoff | salomien@akademia.ac.za