Kernbeginsels van bemarking

Die doel van hierdie kursus is om verskeie aspekte van algemene bemarking te ondersoek om sodoende Suid-Afrikaanse rentmeesters in verskillende Suid-Afrikaanse gemeenskappe te vorm deur volhoubare bemarkingstrategieë binne ondernemings te bou. Die kursusganger ontwikkel ʼn bruikbare bemarkingsplan gedurende hierdie kursus.

Begindatum

Mei 4, 2026

Formaat

Aanlyn sessies

Koste

R9 000

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

• Bemarkingsargitektuur, teikengehoor, verbruikersgedrag en besluitneming;
• ’n Bemarkingstrategie ten opsigte van die produk, prys, kommunikasie en verspreiding; en
• Die bestuur van bemarkingspogings deur bemarkingsplanne.

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir enigeen wat graag die kernbeginsels van bemarking onder die knie wil kry.

DATUMS

ʼn Kortkursus wat in die formaat van een oriënteringsessie en ses opleidingsessies aangebied word wat oor ʼn tydperk van ses weke versprei is. Die ses opleidingsessies (vyf teen 60 minute elk) sal aanlyn nauurs geskied. ʼn Tydsgleuf word deur die spesifieke groep wat deelneem aan hierdie kursus gekies. Die kursus word met ʼn een-tot-een-gesprek met die kursusleier oor hul bemarkingsplan afgesluit.

Begin en oriëntering: 4 Mei 2026

  • Week 1: (Inleiding en belangrikheid van bemarking)
  • Week 2: (STP – segmentering, teikening en posisionering)
  • Week 3: (Verbruikersgedrag en marknavorsing)
  • Week 4: (Sewe P’s)
  • Week 5: (Omgewing)
  • Week 6: (Bemarkingsplanvoorbereiding)

REGISTRASIES SLUIT

1 Mei 2026

KURSUSAANBIEDERS

Salomien Boshoff

Salomien Boshoff is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur. Sy het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur, asook ʼn honneursgraad in Bemarking aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Salomien se navorsingsfokus is indiensnemingsvaardighede en bemarking, en sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in Bemarking getiteld “Spanwerk as ʼn indiensnemingsvaardigheid vir bemarkinggegradueerdes”. Sy het meer as tien jaar se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal ander toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het. Sy doseer tans die volgende modules: Bemarkingsbestuur en Bedryfskommunikasie.

KURSUSLEIER

Salomien Boshoff  |  salomien@akademia.ac.za