Kernbeginsels van bemarking
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
• Bemarkingsargitektuur, teikengehoor, verbruikersgedrag en besluitneming;
• ’n Bemarkingstrategie ten opsigte van die produk, prys, kommunikasie en verspreiding; en
• Die bestuur van bemarkingspogings deur bemarkingsplanne.
IDEALE KURSUSGANGER
Die kursus is ideaal vir enigeen wat graag die kernbeginsels van bemarking onder die knie wil kry.
DATUMS
ʼn Kortkursus wat in die formaat van een oriënteringsessie en ses opleidingsessies aangebied word wat oor ʼn tydperk van ses weke versprei is. Die ses opleidingsessies (vyf teen 60 minute elk) sal aanlyn nauurs geskied. ʼn Tydsgleuf word deur die spesifieke groep wat deelneem aan hierdie kursus gekies. Die kursus word met ʼn een-tot-een-gesprek met die kursusleier oor hul bemarkingsplan afgesluit.
- Inleidende week | 29 April tot 4 Mei 2024 (Oriënteringsweek en inleiding)
- Week 1 | 6 tot 11 Mei 2024 (Onderwerp 1: Inleiding en belangrikheid van bemarking)
- Week 2 | 13 tot 18 Mei 2024 (Onderwerp 2: STP – segmentering, teikening en posisionering)
- Week 3 | 20 tot 25 Mei 2024 (Onderwerp 3: Verbruikersgedrag en marknavorsing)
- Week 4 | 27 Mei tot 1 Junie 2024 (Onderwerp 4: Sewe P’s)
- Week 5 | 3 tot 8 Junie 2024 (Onderwerp 5: Omgewing)
- Week 6 | 10 tot 15 Junie 2024 (Bemarkingsplanvoorbereiding)
- Week 7 | 24 Junie (Inhandiging van finale bemarkingsplan)
REGISTRASIES SLUIT
25 April 2024
KURSUSAANBIEDERS
Salomien Boshoff
Salomien Boshoff is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur. Sy het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur, asook ʼn honneursgraad in Bemarking aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Salomien se navorsingsfokus is indiensnemingsvaardighede en bemarking, en sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in Bemarking getiteld “Spanwerk as ʼn indiensnemingsvaardigheid vir bemarkinggegradueerdes”. Sy het meer as tien jaar se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal ander toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het. Sy doseer tans die volgende modules: Bemarkingsbestuur en Bedryfskommunikasie.
KURSUSLEIER
Salomien Boshoff | salomien@akademia.ac.za