Internasionale reikwydte en politieke impakbestuur

Die wêreld beleef die afgelope jare politieke, ekonomiese en kulturele kragmetings, plofpunte en grondverskuiwings. Groot Westerse bedrywe gebruik en ontwikkel hul vermoëns tot politieke impakbestuur, om die nuwe risiko’s en kanse wat ontstaan beter te beoordeel en wêreldwyd daarop in te speel. Die kursus bied aan deelnemers akademiesgegronde raamwerke én praktiese insigte oor hoe rolspelers in Suid-Afrika hul eiesoortige dinamiese vermoëns en hul internasionale reikwydte kan opbou of verbeter.

Begindatum

Augustus 19, 2024

Formaat

Aanlyn sessies en kontaksessies

Koste

R7500

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

Kursusinhoud

  • Belangrike politieke, ekonomiese en kulturele kragmetings, plofpunte en nuwe kanse internasionaal
  • Nie-staatrolspelers in Suid-Afrika se uitdagings en keuses by politieke impakbestuur
  • Ontleding en besluitneming in komplekse en onseker omgewings
  • Hoe Westerse bedrywe politieke impakbestuur prakties beoefen
  • Hoe om selfstandige dinamiese vermoëns én internasionale reikwydte te ontwikkel

Ideale kursusganger

Die kursus is ideaal vir deelnemers wat internasionale politieke en ekonomiese magsverskuiwings se betekenis vir nie-staatrolspelers in Suid-Afrika beter wil verstaan. Die kursus rus hulle toe hulle met nuwe navorsing en praktiese insigte om hul dinamiese vermoëns in politieke impakbestuur en ‘n internasionale reikwydte uit te bou.

Datum(s)

Die kursus sal oor drie weke strek, van 19 Augustus tot 9 September 2024. Dit omvat ses sessies, twee aanlyn sessies van 1,5 uur elk en vier kontaksessies van 1,5 uur elk.

  • Oriëntering: Maandag 19 Augustus 2024 (aanlyn)
  • Datum: Woensdag 21 Augustus 2024 Week 1 – Leereenheid/tema 1 (aanlyn)
  • Datum: Maandag 26 Augustus 2024   Week 2 – Leereenheid/tema 2 (in persoon)
  • Datum: Maandag 26 Augustus 2024 Week 3 – Leereenheid/tema 3 (in persoon)
  • Datum: Dinsdag 27 Augustus 2024 Week 4 – Leereenheid/tema 4 (in persoon)
  • Datum: Dinsdag 27 Augustus 2024 Week 5 – Leereenheid/tema 5 (in persoon)

Plek

Leriba: Endstraat 245, Clubview, Centurion

Diegene wat nie die werkswinkel(s)/kontaksessie(s) kan bywoon nie, kan dit op Teams bywoon.

Registrasies sluit

12 Augustus 2024

KURSUSAANBIEDERS

Dr. Heinrich Matthee

Dr. Heinrich Matthee is die ereleerstoel in veiligheidstudies by Akademia, ʼn direkteur van die JISR-navorsingsprogram vir bedrywe in die Midde-Ooste, en ʼn nie-residensiële navorser van die Emirate Beleidsentrum in die Verenigde Arabiese Emirate. Dr. Matthee het 27 jaar ervaring as ʼn strategiese ontleder en adviseur vir organisasies in die Midde-Ooste en Afrika en is die skrywer van etlike publikasies oor geopolitiek, geo-ekonomie, identiteitspolitiek en konflikstudies in die Midde-Ooste, Afrika en Europa. Hy het ʼn BA (LLB), twee nagraadse kwalifikasies in Strategiese Studies en Internasionale Verhoudings, en ʼn DPhil in Politieke Wetenskappe (magna cum laude) van Marburg-Universiteit in Duitsland verwerf.

KURSUSLEIER

Dr. Heinrich Matthee |  heinrich.matthee@jisr.eu

Navraag: Internasionale reikwydte en politieke impakbestuur vir bedrywe en gemeenskapsorganisasies