Inleiding tot TRIZ vir innoverende probleemoplossing

Die doel van hierdie kursus is om ʼn oorsig oor TRIZ, ʼn innoverende probleemoplossingmetodologie, te verskaf. Kursusgangers word toegerus om probleme in vele fasette van die bedryfswêreld met selfvertroue aan te pak en met konstruktiewe en innoverende oplossings vorendag te kom. Hierdie werkswinkel fokus daarop om kritiese denke en innoverende probleemoplossings te bevorder.

Begindatum

Mei 27, 2025

Formaat

Aanlyn werkswinkel

Koste

R1000

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Die geskiedenis, ontwikkeling en aanwending van TRIZ, met praktiese voorbeelde.
  • Vindingryke probleemoplossing deur middel van gestruktureerde dinkskrumhulpmiddels om deduktiewe en induktiewe denkvaardighede te verhef tot skeppende denke.
  • Oplos van alledaagse bedryfsprobleme deur middel van probleemoplossingstegnieke gebaseer om beginsels van die wêreld van patente.
  • Toepassing van TRIZ-beginsels met optimalisering van prosesse en/of splinternuwe innoverings.

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir leiers, uitvinders, entrepreneurs, innoveerders en professionele praktyke, wat op soek is na die beste metodes om stelsels te optimaliseer, verbeter en innoveer. Hoewel die kursus addisionele waarde sal bied vir ingenieurs en wetenskaplikes, is hierdie velde nie ʼn vereiste nie.

DATUM

Die kursus sal ʼn aanlyn werkswinkel wees wat op Dinsdag 27 Mei 2025 vanaf 17:30 tot 20:30 aangebied word.

REGISTRASIES SLUIT

19 Mei 2025

KURSUSAANBIEDERS

Fasiliteerder: Dr. Murray Coombs

Dr. Murray Coombs is ʼn mediese spesialis in die besigheidswêreld, met ervaring in prosesoptimalisering, probleemoplossing en innovasie. Sy kennis en ervaring is nie beperk tot die mediese industrie nie, maar vind ook toepassing in besighede, werksprosesse en innovasie. Hy bring talle praktiese voorbeelde vanuit sy eie ondervinding na internasionale maatskappye wêreldwyd.

 

Die kursus word aangebied deur dr. Coombs, met ondersteuning van Mnr. Jac Spies, TRIZ-leier.

Mr. Jac Spies, BSc (Wiskunde en Wiskundige Statistiek), Gradatim (Besigheids- en Projkebestuur) – UNISA-besigheidskool, MMCSA, en MSAIMechE.

  • Hoe tegnologie-evolusie vindingryke ingenieursontwerpe moontlik maak (SAIMechE-kursus 08)
  • TRIZ en vindingryke probleemoplossing (SAIMechE-kursus 60)

Effektiewe dinkskrumtegnieke vir ingenieurs (SAIMechE-kursus 99)

KURSUSLEIER

Johann Smith | johanns@akademia.ac.za