Basiese rekeningkundige en MS Excel-vaardighede vir die besigheidsbestuurder

Die kursus se doel is om (toekomstige) besigheidsbestuurders toe te rus met noodsaaklike rekeningkundige vaardighede en praktiese MS Excel-vaardighede wat hom/haar sal help met effektiewe besluitneming en om verdere finansiële ontleding uit te kan voer.

Begindatum

Enige Tyd

Formaat

Selfgerigte aanlyn leer

Koste

R2000

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

Kursusinhoud

  • Wat behels die rekeningkundige vergelyking
  • Die algemene vereistes vir die aanbieding van finansiële state
  • Die doel van die balansstaat, inkomstestaat en kontantvloeistaat
  • Die gebruik van verskeie funksies en tegnieke in Excel vir verdere data-ontleding en besluitneming
  • Die gebruik van basiese grafieke om data visueel in Excel voor te stel.
  • Microsoft 365 word gebruik vir demonstrasies, wat ook gratis aanlyn beskikbaar is indien jy nie die werkskerm weergawe (desktop version) het nie. Jy kan ander weergawes van MS Excel gebruik – die uitleg en van die funksionaliteite mag wel verskil, maar die basiese toepassing bly dieselfde.

Ideale kursusganger

Die kursus is ideaal vir:

  • Besigheidsbestuurstudente, aspirantbesigheidsbestuurders, bestaande besigheidsbestuurders of enigiemand wat hul basiese rekeningkundige en Excel-vaardighede wil opskerp of verfyn.

Datums

Die kursus is aanlyn en is saamgestel uit opnames, oefeninge en interaktiewe inhoud wat die kursusganger op ʼn selfregulerende pas voltooi. Die kursus neem tipies twee tot vier weke om te voltooi. Die kursus sal vir ses maande oop wees vir die kursusganger.

KURSUSAANBIEDERS

Shaun Coetzee

Shaun Coetzee is ʼn dosent in die departement Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia. Hy het ʼn BCom (Rekenmeesterskap)-graad en ʼn honneursgraad in Bestuursrekenmeesterskap, beide met lof, aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy het ʼn meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) van die Universiteit van Derby, asook ʼn meestersgraad in Strategiese Besigheidsbestuur van die Manchester Metropolitan Universiteit verwerf. Akademiese toekennings sluit in akademiese erekleure, beste honneursstudent, en Golden Key International Honour Society-lidmaatskap. Coetzee is ʼn geregistreerde geoktrooieerde bestuursrekenmeester (ACMA, CGMA) by CIMA. Hy was vir agtien jaar werksaam in die mynbou-, verbruikersgoedere-, herwinning- en vervaardigingsektore, waar hy verantwoordelik was vir besighede in Suid-Afrika, Australië en die Verenigde Koninkryk.

KURSUSLEIER

Shaun Coetzee | shaun@akademia.ac.za