Navorsing in ʼn neutedop: Kry ʼn voorsprong in jou honneurs- of meesterstudie
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
Kursusinhoud
- Die literatuurstudie en die skep van hipotese.
- Die vind, geldigheid en moontlike vertaling van ʼn meetinstrument.
- Die skoonmaak van data en beskrywende statistiek.
- Die toets van die hipotese (inferensiële statistiek) en interpretasie van resultate.
Ideale kursusganger
Die kursus is ideaal vir bestaande en voornemende nagraadse studente en hul studieleiers.
Datums
Hierdie kursus is ʼn selfgerigte kursus (wat op die kursusganger se eie tyd en eie pas voltooi kan word) sal deurlopend beskikbaar wees.
KURSUSAANBIEDERS
Johann Smith
Johann Smith is ʼn dosent in Wiskunde en Statistiek in die fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by Akademia. Hy het ʼn BCom-graad en honneursgraad in Informatika, asook ʼn meestersgraad in Kommunikasiebestuur, aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Johann se huidige navorsingsfokus is Innovasiebestuur, asook die bestuur van Wiskunde-angs en Wiskunde-veerkragtigheid in hoëronderwysinstellings. Hy praktiseer as ʼn bestuurskonsultant, maar is ook tientalle jare in die onderwyssektor betrokke.
KURSUSLEIER
Johann Smith | johanns@akademia.ac.za