Middel- en laevlakbestuur: Besluitneming en beplanning

Die kortkursus handel oor besluitneming en beplanning as bestuurstake op middel- en laevlakbestuur. Verskeie modelle, prosesse en visuele uitbeeldings ten opsigte van dié twee take word geëvalueer, om sodoende besluitneming en beplanning pas te maak volgens verskeie scenario’s en dit dan visueel voor te lê vir praktiese uitvoering.

Begindatum

23 Januarie 2024

Formaat

Aanlyn sessies

Koste

R2 900

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Agtergrond en belangrikheid van besluitneming en beplanning;
  • Besluitnemingsteorieë en -modelle;
  • Beplanningsteorieë- en modelle;
  • Visualisering van besluite en planne; en
  • Scenario-analise en pasmaking van besluitneming en beplanning

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir verkoopsbestuurders; aankoopbestuurders; afdelings/departementshoofde; bemarkingsbestuurders; operasionele bestuurders; toesighouers; koördineerders; spanleiers; voormanne; projekbestuurders; skofbestuurders; voorgraadse en nagraadse studente; individue wat die kuns van besluitneming en beplanning wil bemeester, ens.

DATUMS

Die kursus skop af met ʼn Teams-sessie. Vandaar werk die kursusganger op selfregulerende pas op die aanlyn platform en sluit die kursus af met ʼn Teams-sessie.

  • Week 1 – Dinsdag 23 Januarie tot Dinsdag 30 Januarie

    Op Dinsdag 23 Januarie is daar ʼn Teams-sessie 18:00-20:00 en die res van die week werk die kursusganger op selfregulerende pas op die aanlyn platform.

  • Week 2 – Dinsdag 30 Januarie tot Dinsdag 6 Februarie

    Die kursusganger werk op selfregulerende pas op die aanlyn platform.

  • Week 3 – Dinsdag 30 Januarie tot Dinsdag 6 Februarie

    Die kursusganger werk op selfregulerende pas op die aanlyn platform en op Dinsdag 13 Februarie is daar ʼn Teams-sessie 18:00-20:00.

REGISTRASIES SLUIT

17 Januarie 2024

KURSUSAANBIEDERS

Elize-Mari Coetzer is Bestuurswetenskappe-departementshoof in Akademia se Fakulteit Ekonomiese -en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur (cum laude), asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Elize-Mari se navorsingsfokus was markprofiele, bestedingspatrone en ekonomiese bydraes. Sy is tans besig om haarself te verdiep in haar passie vir besluitneming, beplanning, prosesse en die visuele voorstelling daarvan. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is die artikel “Expenditure-based segmentation of visitors to the Wacky Wine Festival”, in die vaktydskrif Tourism Recreation Research. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society. Sy het twee jaar in die praktyk as ʼn konferensie- en spa-bestuurder gewerk en het dertien jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing, onder andere as programkoördineer, mentor en dosent.

KURSUSLEIER

Elize-Mari Coetzer  |  elize-mari@akademia.ac.za