Kuns van verkope – SPIN-vrae

Hierdie kortkursus handel oor ʼn raamwerk (SPIN) om effektiewe vrae te vra tydens die verkopegesprek tussen die verkoper en koper om sodoende seker te maak dat die transaksie plaasvind of doelwitte bereik word.

SPIN-verkope is ʼn klassieke verkoopsmetodologie vir ‘n rede: dit is ʼn hoogs effektiewe benadering om goeie koper-verkoper-verhoudings te bou. SPIN-vrae word deur meer as 90% van die Fortune 500-maatskappye gebruik om hul verkoopspersoneel op te lei. Die SPIN-vrae is ontwikkel deur Neil Rackham nadat hy twaalf jaar lank navorsing gedoen het deur 35 000 verkoopsgesprekke te evalueer.

Tydens hierdie werkswinkel word jy blootgestel aan SPIN-vrae asook die praktiese toepassing daarvan in jou eie omstandighede. ʼn Dag vol aktiwiteite, baie leer en praktiese toepassing van ʼn navorsingsbegronde verkoopstegniek.

Begindatum

18 Januarie 2024

Formaat

Een werkswinkel

Koste

R2 000

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Die begronding van verkope en die SPIN-raamwerk;
  • Ontleding van teikengehoor;
  • SPIN-vrae en die waarde daarvan; en
  • SPIN-vrae in eie konteks.

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir enige verkoopspersoon, asook persone wat idees, produkte of dienste aan ʼn bepaalde mark moet verkoop.

DATUMS

Slegs 18 Januarie 2024

PLEK

Leriba: Endstraat 245, Clubview Centurion

REGISTRASIES SLUIT

16 Januarie 2024

KURSUSAANBIEDER

Salomien Boshoff is ʼn dosent vir verskeie modules in Bestuurswetenskappe by Akademia en die Sakeskool van die Universiteit van die Vrystaat. Sy beskik oor ʼn meestersgraad in Ondernemingsbestuur met spesialisasie in Bemarking. Haar passie vir onderrig en leer rig haar navorsing om verskillende wyses waarop studente se leer bevorder kan word, te verstaan Haar navorsing is gepubliseer in nasionale en internasionale geakkrediteerde vakkundige joernale. Sy het meer as veertien jaar se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het.

KURSUSLEIER

Salomien Boshoff  |  salomien@akademia.ac.za

Terugvoer vanaf vorige kursusgangers