Kernbeginsels van bemarking

Die doel van hierdie kursus is om verskeie aspekte van algemene bemarking te ondersoek om sodoende Suid-Afrikaanse rentmeesters in verskillende Suid-Afrikaanse gemeenskappe te vorm deur volhoubare bemarkingstrategieë binne ondernemings te bou. Die kursusganger ontwikkel ʼn bruikbare bemarkingsplan gedurende hierdie kursus.   

Begindatum

22 Januarie 2024

Formaat

Aanlyn sessies

Koste

R9 000

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Bemarkingsargitektuur, teikengehoor, verbruikersgedrag en besluitneming;
  • ’n Bemarkingstrategie ten opsigte van die produk, prys, kommunikasie en verspreiding; en
  • Die bestuur van bemarkingspogings deur bemarkingsplanne.

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir enigeen wat graag die kernbeginsels van bemarking onder die knie wil kry.

DATUMS

Kontakkursus wat in die formaat van vyf opleidingsessies en een werkswinkel aangebied word, verspreid oor ʼn tydperk van ses weke. Die vyf opleidingsessies (5 x 60 minute) sal aanlyn nauurs geskied terwyl die werkswinkel op ʼn Saterdag geskied.

    • Inleidende week: 22 Januarie- 27Januarie 2024
    • Week 1: 9 Januarie- 3 Februarie 2024 (Onderwerp 1)
    • Week 2: 5 Februarie – 10 Februarie 2024 (Onderwerp 2)
    • Week 3: 12 Februarie – 17 Februarie 2024 (Onderwerp 3)
    • Week 4: 19 Februarie – 24 Februarie 2024 (Onderwerp 4)
    • Week 5: 26 Februarie – 2 Maart 2024 (Onderwerp 5)
    • Week 6: 4 Maart – 9 Maart 2024 (Bemarkingsplan voorbereiding)
    • Week 7: 11 Maart – 16 Maart (Finale voorlegging en terugvoer)

REGISTRASIES SLUIT

18 Januarie 2024

KURSUSAANBIEDER

Salomien Boshoff is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur. Sy het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur, asook ʼn honneursgraad in Bemarking aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Salomien se navorsingsfokus is indiensnemingsvaardighede en bemarking, en sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in Bemarking getiteld “Spanwerk as ʼn indiensnemingsvaardigheid vir bemarkinggegradueerdes”. Sy het meer as tien jaar se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal ander toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het. Sy doseer tans die volgende modules: Bemarkingsbestuur en Bedryfskommunikasie.

KURSUSLEIER

Salomien Boshoff  |  salomien@akademia.ac.za