Inligtingsbeveiliging

Die doel van hierdie kortkursus is om voornemende besluitnemers in ondernemings toe te rus om goeie besluite te neem aangaande die beveiliging van hulle inligtingstelsels.

Begindatum

2 Februarie 2023

Formaat

Ses werkswinkels
(Fisiese kontaksessies en aanlyn sessies)

Koste

R9 000

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Afrikaans

*Die kursus kan op versoek tweetalig (in Afrikaans en Engels) aangebied word.

 

KURSUSINHOUD

  • Die skep en onderhoud van veilige (digitale) gemeenskappe;
  • Die bevordering van veilige praktyke;
  • Inligtingsbeveiligheidsbeleid en Suid-Afrikaanse en internasionale wetgewing en regulasies;
  • Kubermisdaad en rekenaarfoute;
  • Die verskillende bedreigings tot inligting, inligtingstelsels en internetdienste;
  • Risiko-ontleding; en
  • Tegnieke vir die beskerming van inligtingstelsels.

*Terminologie word ook in Engels weergegee.

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir studente met ʼn matrieksertifikaat, entrepreneurs, rolspelers in klein en medium ondernemings of ondernemingsbestuurders in korporatiewe omgewings, wat graag ingeligte besluite wil neem aangaande die beveiliging van hulle inligtingstelsels en inligting.

DATUMS

Sinkrone nauurse bywoning van ten minste drie uit ses sessies, die afskop/oriëntering, en die afsluiting met eie voorleggings is verpligtend.

  • Werkswinkel 1: 2 Februarie
  • Werkswinkel 2: 11 Februarie
  • Werkswinkel 3: 25 Februarie
  • Werkswinkel 4: 11 Maart
  • Werkswinkel 5: 30 Maart
  • Werkswinkel 6: 8 April

REGISTRASIES SLUIT

26 Januarie 2023

KURSUSAANBIEDER

Riana Crafford is ʼn dosent in Bedryfsinligtingstelsels en het ʼn BSc-graad in Wiskundige en Rekenaarwetenskappe, asook ʼn meestersgraad in hierdie dissipline, onderskeidelik aan die universiteite van Johannesburg en Pretoria verwerf.

Crafford se spesiale belangstelling is die gebruik van inligtingtegnologie in onderwys en mikro-leergeleenthede. Haar mees onlangse gepubliseerde akademiese werk is ʼn artikel in die Association for Computing Machinery en ʼn referaat oor “Implementing open badges for recognition of learning achievements in South African organisations” by die South African Institute of Computer Scientists and Information Technologists (SAICSIT) se konferensie.

Sy het twintig jaar se ervaring as IT-praktisyn, lateraan spesialis in inligtingbeveiliging en risikobestuur by ʼn groot finansiële instelling.

Sy het vyftien jaar gepraktiseer in ʼn onderwys- en opleidinghoedanigheid. Sy doseer die volgende modules by Akademia: Inleiding tot Bedryfsinligtingstelsels asook Kantoortegnologie en Dataverwerking.

KURSUSLEIER

Riana Crafford  |  riana@akademia.ac.za