Inleiding tot litigasietegnieke

Hierdie kortkursus het ten doel om studente en beginnerpraktisyns aan litigasietegnieke bloot te stel. Dit sal voornemende hofprokureurs en advokate in die teorie van litigasie inlei, maar ook op ʼn praktiese wyse aan kruisondervraging, getuienis in hoof, kruisondervraging, openingsbetoog en slotbetoog blootstel.

Begindatum

22 Julie 2023

Formaat

Twee kontakwerkswinkels

Koste

R4 600

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Litigasietegnieke
  • Litigasieteorie

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir regstudente vanaf hul tweede jaar van studies wat in die fyn kuns van litigasie belangstel, asook kandidaatprokureurs en pupiladvokate.

DATUMS

Werkswinkel 1: 22 Julie

Werkswinkel 2: 29 Julie

PLEK

Leriba: Endstraat 245, Clubview Centurion

REGISTRASIES SLUIT

13 Julie 2023

KURSUSAANBIEDER

Dr. Willem H Gravett is die departementshoof van Publiek- en Prosesreg aan Akademia. Hy is ʼn voormalige professor aan die Departement Prosesreg, Universiteit van Pretoria. Hy behaal die grade BLC (met lof) en LLB (met lof) aan die Universiteit van Pretoria. In 1997 word Gravett bekroon met die Bradlow International Human Rights Law Scholarship vir 1997/98. In 1998 ontvang hy die LLM-graad summa cum laude aan die Notre Dame Law School in die Verenigde State. Hy is in Augustus 1997 as advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika toegelaat en in November 1998 as lid van die New York State Bar.

Gravett het onder meer die volgende akademiese toekennings ontvang, Schiltz-prys vir die beste student in die laaste jaar van die BLC-graad, die Grotius-medalje en Harold Galasko-prys vir die beste student in die laaste jaar van die LLB-graad, asook die Butterworths-prys vir die LLB-student wat die beste opstel geskryf het. Aan die Notre Dame Law School het hy die Dean’s Awards ontvang vir uitstekende prestasies in internasionale reg en aanspreeklikheid vir growwe skendings van menseregte.

In 1998 word Gravett toegelaat om in New York te praktiseer en het hy by ʼn internasionale regsfirma in New York City aangesluit. Tussen 1998 en 2012 het hy ʼn aktiewe litigasiepraktyk in New York gehad en meer as 130 sake tot finaliteit gevoer. Hy voltooi sy formele advokaatopleiding aan die National Institute of Trial Advocacy (1998) in South Bend, Indiana, en aan die American Law Association se Family Law Trial Advocacy Institute aan die Universiteit van Houston (2004).

KURSUSLEIER

Dr. Willem Gravett WillemG@akademia.ac.za