Inleiding tot besigheidsetiek

Die doel van hierdie kort kursus is om kursusgangers met ʼn belangstelling in die ekonomie wat deel van die besigheidswêreld is in te lei tot die basiese aspekte van besigheidsetiek. Die kursusganger sal die geleentheid kry om teoretiese konsepte konkreet toe te pas en dus om etiese vaardighede in die besigheidswêreld te ontwikkel.

Die kortkursus is beskikbaar vir aanbieding op versoek aan maatskappye. Stuur gerus ʼn e-pos na etal@akademia.ac.za.

Formaat

Twee kontakwerkswinkels

Koste

Koste op versoek beskikbaar

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

Die kursusinhoud wat tydens die werkwinkels bespreek sal word handel oor wat besigheidsetiek is en die bepaalde temas in besigheidsetiek

  • Eenheid 1: Relasies

  • Eenheid 2: Instellings 

  • Eenheid 3: Natuur 

  • Eenheid 4: Liggaam

  • Eenheid 5: Sinvolle lewe

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir enige universiteitstudente vanaf NKR 6-vlak (en werkende deelnemers met matriek) wat daarin belangstel om ʼn basiese inleiding in die besigheidsetiek te kry.

KURSUSAANBIEDERS

Prof. Pieter Duvenage is die dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia (sedert 2019) en was professor aan en hoof van die Departement Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat (2011-2018). Hy is verder ʼn emeritus professor in die filosofie (UV), ook buitengewone professor in Filosofie aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) en ʼn Professorale Genoot in die Collingwood Sentrum vir Britse Idealisme aan die Universiteit Cardiff. Duvenage werk vanuit die denktradisies van die Fenomenologie, Kritiese Teorie en Suid-Afrikaanse Intellektuele Geskiedenis in die velde van epistemologie, etiek/politiek, kuns en religie. Hy het reeds agt boeke geskryf en geredigeer en bykans 50 geakkrediteerde artikels in gepubliseer.

Dr. Hercules Boshoff is ʼn dosent in Filosofie by Akademia. Hy was ʼn postdoktorale navorser by die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Hy het sy PhD getiteld Ekonomie en Subjektiwiteit (2019) by die Universiteit van die Vrystaat voltooi, en sy MA (2015), by die Universiteit van Pretoria. Met beide hierdie projekte het hy ook saam met van Nederland mees vooraanstaande filosowe gewerk. Sy publikasies dek die filosofie van ekonomie, tegniek, taal, individuasie, en die geskiedenis van filosofie. Hy was medestigter en voorsitter van die Chairefoon-Inisiatief, ʼn vereniging wat hom beywer vir die bevordering van filosofie in Afrikaans onder nagraadse studente.

KURSUSLEIER

Prof. Pieter Duvenage  |  pd@akademia.ac.za