Die begroting en fiskale beleid
Het jy al ooit gesukkel om jou begroting te laat klop? Dink net, soveel te meer sukkel die regering ook daarmee. Hierdie kortkursus bied aan jou, die kursusganger, die geleentheid om jou eie begroting te ontleed en hoe om dan daardie selfde beginsels toe te pas wanneer die regering se begroting ontleed word. Die impak wat die begroting op ons het, word dienooreenkomstig geanaliseer. Die kortkursus sal aanlyn aangebied word en afgesluit word met ʼn begrotingseminaar by Akademia waar ʼn aantal kundiges die nasionale begroting sal ontleed en bespreek.
Begindatum
12 Februarie 2024
Formaat
Aanlyn en begrotingseminaar by Leriba, Centurion
Koste
R2 000
Toelatingsvereiste
’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)
Onderrigtaal
Slegs Afrikaans
KURSUSINHOUD
- My eie begroting
- Ekonomiese omgewing
- Nasionale begroting en fiskale beleid
IDEALE KURSUSGANGER
Die kursus is ideaal vir die volgende:
- Uitvoerende amptenare, senior bestuurders, funksionele hoofde en bestuurders;
- Besigheidskonsultante, analiste, finansiële en strategiese adviseurs;
- Boere;
- Kleinsake-entrepreneurs; en
- Finansiële adviseurs wat kredietpunte moet verkry.
DATUMS
Aanlynkursus: 12 tot 23 Februarie 2024
Begrotingseminaar: 22 Februarie 2024 (ʼn Aantal kundiges sal die begroting ontleed.)
PLEK VAN BEGROTINGSEMINAAR
Leriba: Endstraat 245, Clubview Centurion.
REGISTRASIES SLUIT
5 Februarie 2024
KURSUSAANBIEDERS
Dr. Sandra Adendorff is ʼn dosent in Ekonomie by Akademia, en het ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was voorheen werksaam by die Universiteit van Pretoria, asook die Reserwebank. Adendorff se navorsingsfokus is ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer die nuwe uitgawe van Economic Indicators en Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford). Daarbenewens het sy artikels en publikasies vir verskeie instansies geskryf, en ʼn aantal referate by internasionale konferensies gelewer. Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte. Sy doseer tans die modules Ekonomie en Internasionale Handel by Akademia.
Rika Nieuwoudt is die departementshoof van Ekonomie en Finansiële Wetenskappe sowel as ʼn dosent in Finansiële Bestuur en Finansiële Strategie. Nieuwoudt het ʼn BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad en honneursgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Sy verwerf ʼn meestersgraad in Finansiële Bestuur met ʼn skripsie getiteld “The impact of firm-specific attributes on shareholder value creation of listed South African companies”.
KURSUSLEIER
Dr. Sandra Adendorff | sandra@akademia.ac.za