Nuwe kortkursus bied ʼn blik op die Nederlandse taal en kultuur

Akademia et al. se splinternuwe kortkursus, Nederlands: De brug naar Europa, is ʼn aanlyn kursus wat ʼn inleiding bied tot die Nederlandse taal by wyse van ʼn blik op die mense en kultuur van Nederland en België. Dié kursus plaas die klem op die politieke én kulturele bande tussen hierdie lande asook ʼn pasgemaakte oorsig vir Suid-Afrikaners wat graag na hierdie lande wil reis, daar studeer of reeds daar woon.

Die kursus begin op Maandag 3 Maart 2025 en sal die formaat van ses aanlyn sessies aanneem wat in Nederlands asook beide Afrikaans en Engels aangebied sal word. Registrasies vir hierdie kortkursus sluit op 28 Februarie.

Die volgende kursusinhoud sal gedek word:

  • Mense: Nederlanders, Belge en Europeërs,
  • Taal,
  • Kulturele identiteit,
  • Politieke en kulinêre bande, en

Meer oor die kursusaanbieder

Prof. Kris van de Poel is ʼn professor in linguistiek aan die Universiteit Antwerpen. Sy het in die Verenigde Koningkryk, Skandinawië, Asië, Suid-Afrika en Sentraal-Europa gestudeer en gewerk. In Antwerpen was sy aangestel as die direkteur van die universiteit se akademiese taalsentrum. Sy geniet toegepaste taalkundige navorsing oor taalleer in akademiese en professionele kontekste. Vanaf 2020 tot 2024 was sy die algemene sekretaris van die Nederlandse Taalunie, ʼn interregeringsbeleid- en kennisorganisasie vir die Nederlandse taal en kultuur.

Die koste verbonde aan hierdie kortkursus is R2 200 en registrasies sluit 28 Februarie. Vir meer inligting besoek gerus die Akademia et al.-webblad.

New short course offers a glimpse into the Dutch language and culture

Akademia et al.’s brand-new short course, Dutch: De brug naar Europa, is an online course that offers an introduction to the Dutch language by giving a glimpse of the people and culture of the Netherlands and Belgium. This course emphasis the political and cultural bonds between these countries, as well as a tailormade overview of the South Africans that want to travel to this country, study there or even live there.

This course starts on Monday 3 March 2025 and will be in the format of six online sessions that will be presented in Dutch, as well as Afrikaans and English. Registrations for the short course closes on 28 February.

The following course content will be covered:

  • People: Dutch, Belgians and Europeans,
  • Language,
  • Cultural identity,
  • Political and culinary ties, and

More about the course presenter

Prof. Dr Kris van de Poel is a professor of Linguistics at the University of Antwerp. Her research on language learning in academic and professional contexts is informed by extensive experience in the United Kingdom, Scandinavia, Asia, South Africa, and Central Europe. She was Director of the Academic Language Centre and Head of Internationalisation at the University of Antwerp, where she has coordinated over 100 international R&D projects leading an international research team. She also served as Secretary-General of the Dutch Language Union.

This cost associated with this short course is R2 200 and registrations closes 28 February. Please visit the Akademia et al. website for more information.