Bou gesonde verhoudings in die werkplek

Gesonde verhoudings is ʼn vereiste om gelukkig by die werk te wees. Gesonde verhoudings berus weer op effektiewe kommunikasie. Hierdie kortkursus fokus op verhoudingsbou en kommunikasie in die digtale era. Neem beheer van jou loopbaan deur jou selfvertroue, kredietwaardigheid en uiteindelik jou impak in die werksplek te verhoog.

Begindatum

10 April 2024

Formaat

Twee aanlyn sessies

Koste

R1 200

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Die groter prentjie van kommunikasie in 2024
  • Die elemente van kommunikasie en hoe dit by mekaar inskakel
  • Selfkennis deur begrip van jou denkprosesse
  • Insig om jou kommunikasie by verskillende situasies en mense aan te pas
  • Wat behels kredietwaardigheid en hoe om dit te versterk
  • Die impak van ons visuele, verbale en vokale boodskappe
  • Verhoudingsbou met kollegas en kliënte deur die gesproke en geskrewe woord
  • Kommunikasie in die digitale era

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir enige individu wat gesonde verhoudings en effektiewe kommunikasie in die werkplek wil verseker.

DATUMS

Twee oggendsessies (08:00 tot 13:00) via Teams op 10 en 11 April 2024

REGISTRASIES SLUIT

3 April 2024

KURSUSAANBIEDER

Dr. Jana Slippers is ʼn deeltydse dosent in Besigheidskommunikasie en Navorsingsmetodologie aan die Universiteit van Pretoria. Sy het meer as sestien jaar se ondervinding in die ontwikkeling en aanbieding van kortkursusse in professionale kommunikasievaardighede vir die privaat sektor. Sy is passievol oor die impak van kommunikasie in mense se verhoudings en loopbaangroei.

KURSUSLEIER

Dr. Alé Steyn | asteyn@akademia.ac.za