Bou gesonde verhoudings in die werkplek
Gesonde verhoudings is ʼn vereiste om gelukkig by die werk te wees. Gesonde verhoudings berus weer op effektiewe kommunikasie. Hierdie kortkursus fokus op verhoudingsbou en kommunikasie in die digtale era. Neem beheer van jou loopbaan deur jou selfvertroue, kredietwaardigheid en uiteindelik jou impak in die werksplek te verhoog.
Begindatum
10 April 2024
Formaat
Twee aanlyn sessies
Koste
R1 200
Toelatingsvereiste
’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)
Onderrigtaal
Slegs Afrikaans
KURSUSINHOUD
- Die groter prentjie van kommunikasie in 2024
- Die elemente van kommunikasie en hoe dit by mekaar inskakel
- Selfkennis deur begrip van jou denkprosesse
- Insig om jou kommunikasie by verskillende situasies en mense aan te pas
- Wat behels kredietwaardigheid en hoe om dit te versterk
- Die impak van ons visuele, verbale en vokale boodskappe
- Verhoudingsbou met kollegas en kliënte deur die gesproke en geskrewe woord
- Kommunikasie in die digitale era
IDEALE KURSUSGANGER
Die kursus is ideaal vir enige individu wat gesonde verhoudings en effektiewe kommunikasie in die werkplek wil verseker.
DATUMS
Twee oggendsessies (08:00 tot 13:00) via Teams op 10 en 11 April 2024
REGISTRASIES SLUIT
3 April 2024
KURSUSAANBIEDER
Dr. Jana Slippers is ʼn deeltydse dosent in Besigheidskommunikasie en Navorsingsmetodologie aan die Universiteit van Pretoria. Sy het meer as sestien jaar se ondervinding in die ontwikkeling en aanbieding van kortkursusse in professionale kommunikasievaardighede vir die privaat sektor. Sy is passievol oor die impak van kommunikasie in mense se verhoudings en loopbaangroei.
KURSUSLEIER
Dr. Alé Steyn | asteyn@akademia.ac.za