Bepallings en voorwaardes

1. Inleiding

Akademia et al. is in 2022 onder die Akademia-vaandel gestig om praktykgerigte kortkursusse met ʼn akademiese onderbou aan individue en/of ondernemings te bied. Hierdie kortkursusse word aangebied deur uitgesoekte akademici en kundiges en fokus op die behoeftes van die werksplek asook op akademiese verdieping.

Akademia et al. se kursusse vul die kwalifikasies aan wat tans deur Akademia vir sertifikaatdoeleindes aangebied word en deur die Raad op Hoër Onderwys (RHO) geakkrediteer is. Hulle bied individue die geleentheid om hulleself te ontwikkel, kennis te verdiep en hulleself beter toe te rus vir die werksplek.

2. Visie

Akademia et al. strewe daarna om as voorkeurtuiste akademici, kundiges en beroepslui met mekaar te verbind deur middel van toekomsgerigte kortkursusse.

3. Bestaansrede

Akademia et al. bied ʼn platform waarop insiggewende en praktykgerigte kortkursusse oor ʼn verskeidenheid akademiese dissiplines ontwikkel en aangebied word deur akademici en kundiges uit ons gemeenskappe.

4. Missie

Akademia et al. is Akademia se kortkursusplatform waar kundigheid uit die instelling se eie geledere asook uit die gemeenskap aangewend word om kortkursusse te ontwikkel en aan te bied wat gerig is op die uitbou van insig en praktyk. As rolspeler binne die Afrikaanse hoëronderwysomgewing word daar beoog om geleenthede vir lewenslange leer aan ons gemeenskappe te bied. Akademia et al. is verbind tot  Akademia  se  institusionele waardes. Akademia et al. verskaf uitgebreide, akademies gefundeerde kortkursusse oor ’n verskeidenheid akademiese velde en dissiplines heen wat bedoel is vir persone en instansies wat waarde heg aan gehalte kortkursusse. Akademia et al. skep verbondenheid tussen akademici, kundiges en beroepslui.

5. Bepalings en voorwaardes

5.1 Registrasie, betaling van kursusfooi en toegang tot die aanlynplatform

  • Alle registrasies vir kursusse vind plaas deur die Akademia-webblad.
  • ’n Kursusganger sal bevestiging van registrasie vir ’n kursus via e-pos ontvang en toegang tot die aanlynplatform kry sodra die betaling vir die kursus ontvang
  • Betaling van die kursusfooi geskied deur PayFast op die webblad as deel van die registrasieproses. In die geval van betaling per debiet-/kredietkaart moet bewys van betaling per e-pos aan leoni@akademia.ac.za gestuur word. Alle betalings wat deur middel van debiet-/kredietkaart gedoen word, moet die kursusganger se ID-nommer as verwysing bevat.
  • Die kursusfooi moet vyf (5) werksdae voor aanvang van die kursus ten volle betaal
  • Toegang tot die aanlynplatform sal deur middel van ʼn skakel in die bevestiging van registrasie verleen Daar mag vertragings wees in die registrasie vir ʼn kursus en die toegang tot die aanlynplatform.
  • Kursusgangers het slegs toegang tot die aanlynplatform en elektroniese kursusmateriaal tot een maand nadat die kursus afgehandel is en moet dus sorg dat alle sertifikate en materiaal binne hierdie tyd afgelaai word. Ná hierdie tydperk sal geen toegang tot die platform toegestaan word nie.
  • Geen krediete word vir die kortkursusse toegeken nie1.

5.2 Kontakbesonderhede en inligting

  • Alle inligting wat tydens registrasie verskaf word moet waar, akkuraat en volledig wees. Dit is die kursusganger se verantwoordelikheid om die kursusleier in kennis te stel indien persoonlike inligting na registrasie verander. Alle persoonlike inligting sal in ooreenstemming met Akademia se beleide verwerk
  • Kursusgangers sal by registrasie versoek word om die bepalings en voorwaardes te aanvaar en om hul identiteit met ’n afskrif van hul identiteitsdokument of paspoort te bevestig.
  • Sertifikate sal uitgereik word met die besonderhede wat tydens registrasie deur die kursusganger gegee
  • Bekendmaking van persoonlike inligting aan derde partye:
    • Aangesien kursusgangers vir sekere kursusse punte vir Voortgesette Professionele Ontwikkeling (VPO-punte) kan verdien en die registrasie van VPO-punte deur derde partye hanteer word, moet Akademia et persoonlike inligting van die kursusganger vir hierdie doel aan sulke partye verskaf.
    • Die kursusganger magtig Akademia et al. om sulke persoonlike inligting aan sulke derde partye bekend te

5.3 Kursusganger se verantwoordelikhede

  • ’n Kursusganger moet voldoen aan die assesseringskriteria vir die kursusse soos uiteengesit in die kursusmateriaal. Kursusgangers bevestig dat hulle verstaan dat enige vorm van plagiaat teen Akademia se beleid is. Besonderhede oor Akademia se plagiaatbeleid is op die webblad
  • Geen kursusmateriaal wat aan kursusganger verskaf word, mag met enige ander persoon gedeel word

5.4 Tegnologie en sagtewarevereistes

  • Kursusgangers moet oor ’n geldige e-posrekening, ’n skootrekenaar en internettoegang beskik om vir ’n kursus te
  • Aangesien alle kursusmateriaal in elektroniese formaat op die aanlynplatform verskaf word, moet kursusgangers vertroud wees met die gebruik van ’n skootrekenaar en oor PDF Reader beskik (om dokumente te kan lees), Microsoft PowerPoint-aanbiedings kan ontvang en dokumente in Microsoft Word kan lees en
  • Sommige kursusse mag addisionele sagteware benodig. Hierdie vereistes sal tydens registrasie aan kursusgangers gekommunikeer
  • As deel van ’n kursus kan daar gebruik gemaak word van Google, Teams en YouTube. Kursusgangers moet verseker dat hulle wel toegang tot sulke hulpbronne het en dat wel toegelaat word op die rekenaar wat vir studies gebruik
  • Kursusgangers is verplig om op eie koste die nodige MS Office-sagteware en hulpbronne te verkry wat vir kursusvoltooiing vereis word, en Akademia et al. aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige gevolge van die gebruik van sulke sagteware of hulpbronne nie.
  • Akademia et al. kan die kursusvereistes vir ‘n spesifieke kursus te eniger tyd verander en kommunikasie aan kursusgangers stuur ten opsigte van die verandering na kursusgangers se e-posadres.

5.5 Assessering

  • Daar sal van die kursusganger verwag word om ’n summatiewe assessering en soms formatiewe assesserings in elke kortkursus te
  • Die inhandigingsdatum van die assesserings sal duidelik aan die kursusganger gekommunikeer Indien daar probleme met ’n indiendatum ondervind word, mag die kursusganger die dosent vooraf nader om ’n alternatiewe reëling met die dosent/aanbieder te tref.
  • Die kursusganger moet die summatiewe assessering slaag alvorens ’n sertifikaat uitgereik word. Indien die kursusganger nie slaag nie, mag daar deur die kursusleier toestemming gegee word vir ’n enkele herindiening van die

5.6 Kansellasie

  • Kansellasies deur kursusgangers wat 5 dae voor die aanvang van die kursus per e-pos aan etal@akademia.ac.za gestuur is, is ten volle
  • Kursusgangers wat buite die goedgekeurde kansellasietydperk kanselleer, sal nie geregtig wees op enige terugbetalings
  • Akademia et al. behou die reg voor om ‘n kursus te kanselleer indien daar onvoldoende aanvraag is, soos deur ons bepaal in ons uitsluitlike en absolute In hierdie geval sal ‘n kursusganger volle terugbetaling ontvang, maar geen rente sal oploop op enige bedrae wat terugbetaal word nie en enige toepaslike bankkoste sal teen die terugbetaalde bedrag verreken word.

5.7 Algemeen

  • Afrikaans is die medium van onderrig, tensy anders aangedui op die kursusblad. Alle kursusgangers moet oor die nodige vaardighede in Engels
  • Kursusgangers het nie toegang tot enige van Akademia se biblioteekhulpbronne Alle kursusmateriaal en hulpbronne wat benodig word sal op die platform verskaf word.
  • Indien daar van handboeke of ander materiaal gebruik gemaak moet word, sal dit by die kursuskoste ingereken word, en die kursusganger sal die materiaal na aanvang van die kursus

5.8 Vrywaring

  • Die kursusganger vrywaar Akademia et al. en personeel van Akademia teen enige beserings, skade of verlies wat die kursusganger mag opdoen gedurende enige tydperk wat met die kursus verband