Of jy nou ʼn uitvoerende beampte, ʼn senior bestuurder, finansiële adviseur, ʼn entrepreneur, boer óf selfs ʼn student in finansiële wetenskappe is, as dit kom by begrotingsaangeleenthede en fiskale beleid kan almal baat by raakvat en relevante inligting. Die Akademia et al.-kortkursus, Begroting en fiskale beleid, bied aan kursusgangers die geleentheid om nie net hul eie begrotings effektief te ontleed nie, maar ook die beginsels te begryp wat op ʼn nasionale vlak gebruik word om die Suid-Afrikaanse begroting op te stel. Die impak wat die begroting op ons het, word ook dienooreenkomstig geanaliseer.
Dié kursus word vanaf 1 Julie 2025 aanlyn aangebied en neem die formaat van selfgerigte leer aan, wat beteken dat kursusgangers dit na gelang van hul besige skedules kan aanpak en voltooi. ʼn Hoogtepunt van dié kortkursus is deelname aan ʼn begrotingseminaar waartydens verskeie kundiges die nasionale begroting sal ontleed en bespreek.
Die volgende kursusinhoud sal aandag geniet:
- Persoonlike begrotings
- Die ekonomiese omgewing
- Nasionale begroting en fiskale beleid
Die ideale kursusganger, sluit in:
- Uitvoerende amptenare, senior bestuurders, funksionele hoofde en bestuurders;
- Besigheidskonsultante, analiste, finansiële en strategiese adviseurs;
- Boere;
- Kleinsake-entrepreneurs; en
- Finansiële adviseurs wat kredietpunte moet verkry.
Meer oor die kursusaanbieder
Dr. Sandra Adendorff, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia, en beskik oor ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline vanaf die Universiteit van Pretoria (UP).
Sy was voorheen werksaam by haar alma mater, asook die Reserwebank. Adendorff se navorsingsfokus sluit in ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer die nuwe uitgawe van Economic Indicators, Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford). Hierbenewens het sy artikels en publikasies vir verskeie instellings geskryf, en ʼn aantal referate by internasionale konferensies gelewer. Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte. Sy doseer tans die modules Ekonomie en Internasionale Handel by Akademia.
Die koste van dié kortkursus beloop R4 000 en belangstellendes het tot en met 1 Julie om vir die kursus te registreer. Besigtig die Akademia et al.-webblad vir meer inligting.