Ontwikkel mense. Versterk organisasies.

Bou volhoubare kundigheid.

Elke organisasie het sy eie uitdagings, doelwitte en behoefte aan ontwikkelings. Akademia et al. werk saam met organisasies om mense met toepaslike kennis en praktiese vaardighede toe te rus wat hulle in die werksomgewing kan toepas.

Leer- en ontwikkelingsgeleenthede wat by jou organisasie pas

Of jy ʼn bestaande kortkursus vir jou span wil aanbied, ʼn pasgemaakte program vir ʼn spesifieke behoefte benodig, of individuele werknemers vir ʼn kortkursus wil inskryf, Akademia et al. bied buigsame opsies wat by jou organisasie se konteks en doelwitte aansluit.

Nie elke organisasie se ontwikkelingsbehoefte kan deur ʼn bestaande kortkursus vervul word nie. Daarom kan Akademia et al. saam met jou organisasie ʼn doelgerigte leeroplossing ontwikkel wat by die werksomgewing, ontwikkelingsbehoeftes en strategiese prioriteite aansluit.

Die proses begin by die behoefte: Wat moet verander? Watter kennis of vaardighede moet versterk word? En watter uitkoms wil die organisasie bereik? Op grond hiervan word ʼn toepaslike leerervaring saamgestel wat Akademia se akademiese kundigheid met relevante praktykskennis verbind.

Moontlike formate

  • werkswinkels en meesterklasse;
  • kort, gefokusde programme rondom ʼn bepaalde tema;
  • meerdaagse of gefaseerde ontwikkelingsprogramme;
  • aanlyn of kontakleer;
  • ʼn kombinasie van aanlyn en kontakleer; en
  • organisasiespesifieke inhoud, gevallestudies en toepassings.

Waarom ʼn pasgemaakte oplossing?

  • Die leerinhoud sluit aan by ʼn werklike behoefte binne die organisasie.
  • Die program kan by die organisasie se beskikbaarheid en konteks aangepas word.
  • Teorie en praktyk word doelbewus verbind.
  • Die fokus val op toepaslike kennis en vaardighede wat deelnemers in hul werksomgewing kan gebruik.

Akademia et al. se bestaande kortkursusse kan ook uitsluitlik vir jou organisasie se werknemers aangebied word. Hierdie opsie werk goed wanneer ʼn span of groep werknemers dieselfde kennis of vaardighede moet ontwikkel.

Die kern van die bestaande kursus bly behoue, terwyl toepaslike elemente – waar akademies en prakties haalbaar – by die organisasie se bedryf, konteks of ontwikkelingsbehoefte kan aansluit. Dit kan byvoorbeeld gevallestudies, voorbeelde, toepassingsaktiwiteite of assesserings insluit.

Voordele vir jou organisasie

  • ʼn Geslote groep wat saam leer en ontwikkel.
  • ʼn Bestaande, gestruktureerde kortkursus met ruimte vir toepaslike kontekstualisering.
  • ʼn Aanbieding wat, waar moontlik, rondom die organisasie se behoeftes beplan kan word.
  • ʼn Geleentheid om gedeelde taal, kennis en vaardighede binne ʼn span te vestig.

Organisasies kan ook individuele werknemers vir Akademia et al. se geskeduleerde kortkursusse inskryf. Hierdie kursusse bied ʼn praktiese manier om deurlopende professionele ontwikkeling te ondersteun sonder dat ʼn volledige interne program nodig is.

Die kortkursusaanbod strek oor verskillende vak- en beroepsvelde en bring kundigheid en praktiese toepassing bymekaar.

Aanbiedingsformate

  • Kontakonderrig – leer saam met die aanbieder en mededeelnemers in ʼn fisiese leeromgewing.
  • Regstreekse aanlyn leer – neem op ʼn bepaalde tyd digitaal aan die leerervaring deel.
  • Gemengde leer – ʼn kombinasie van kontak- en digitale leeraktiwiteite.
  • Selfgerigte leer – kursusinhoud word digitaal voltooi volgens die toepaslike kursusstruktuur.

Die Akademia et al.-benadering

Akademia et al. is Akademia se platform vir voortgesette leer en professionele ontwikkeling. Die aanbod kombineer akademiese begronding met toepaslike kennis en vaardighede wat deelnemers in die praktyk kan gebruik.
Akademies begrond

Leerinhoud word binne ʼn toepaslike akademiese en vakinhoudelike raamwerk ontwikkel.

Praktykgerig

Kennis moet nie net verstaan word nie – deelnemers moet dit binne hul werk- en beroepskonteks kan toepas.

Doelgerig

Leeroplossings word met ʼn duidelike behoefte, teikengroep en gewenste uitkoms in gedagte ontwikkel.

Buigsaam

Waar die aard van die kursus dit toelaat, kan formaat en aanbieding by die organisasie se konteks aansluit.

Volhoubaar

Ons rus mense met kennis en vaardighede toe wat hulle ook ná afloop van die kursus in hul werk en professionele ontwikkeling kan toepas.

Hoe werk dit?

1. Vertel ons van jou behoefte

Deel jou organisasie se ontwikkelingsdoelwit, uitdaging, teikengroep en gewenste uitkoms met ons.

2. Ons bepaal die geskikte oplossing

Ons oorweeg of ʼn bestaande kortkursus, ʼn interne aanbod of ʼn pasgemaakte leeroplossing die beste by die behoefte aansluit.

3. Ons ontwerp en beplan

Die inhoud, kundigheid, formaat, en tydsduur word saamgestel om by die gekose leeroplossing en die organisasie se behoeftes aan te sluit.

4. Die leerervaring word aangebied

Deelnemers neem aan ʼn gestruktureerde leerervaring deel wat kennisontwikkeling en praktiese toepassing ondersteun.

5. Bou verder op die ontwikkeling

Waar toepaslik kan opvolgleer, verdere kortkursusse of ʼn volgende ontwikkelingsfase geïdentifiseer word.

Bou saam aan jou organisasie se kundigheid

Wil jy jou span toerus, ʼn spesifieke vaardigheidstekort aanvul of ʼn ontwikkelingsgeleentheid vir jou organisasie skep? Gesels met Akademia et al. oor ʼn aanbod wat by jou organisasie se behoefte pas.