Skryfnet: Skep dialoog wat jou karakters laat lewe
Sterk dialoog doen veel meer as om karakters met mekaar te laat praat – dit onthul persoonlikheid, bou spanning, verdiep emosie en hou lesers vasgenael. In hierdie praktiese blitsles leer deelnemers hoe om elke karakter ʼn unieke stem te gee, natuurlike gesprekke te skryf en die krag van dit wat nié gesê word nie doelbewus te benut. Die kursus wys ook hoe om dialoog en vertelling in balans te bring sodat die storie vlot lees. Deur videolesse, notas, selfdoenoefeninge en bykomende bronne ontwikkel deelnemers die vaardighede om dialoog te skryf wat geloofwaardig, boeiend en onvergeetlik is.

Begindatum

Enige Tyd

Formaat

Selfgerigte leer

Koste

R450

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Waarom dialoog die hart van jou storie is
  • Gee elke karakter ʼn unieke stem
  • Skryf natuurlike dialoog wat vloei
  • Die krag van dit wat ongesê bly
  • Bou spanning en emosie deur dialoog
  • Vind die regte balans tussen dialoog en vertelling

IDEALE KURSUSGANGER

Enigiemand wat graag wil leer hoe om dialoog te skep wat karakters lewe gee.

KURSUSAANBIEDER(S)

Elize Parker is ʼn bekende Suid-Afrikaanse skrywer, joernalis en mediapersoonlikheid met meer as 45 boeke op haar naam. Haar werk strek van geliefde familie- en liefdesromans tot dagstukkies, selfhelp- en geloofsboeke. As joernalis het sy vir publikasies soos Sarie, Huisgenoot en Netwerk24 geskryf, waar haar gewilde rubrieke oor verhoudings en die lewe ʼn groot leserskorps opgebou het. Sy was ook ʼn radiojoernalis en het oor omgewingsake berig. Elize, gebore in Bloemfontein en ʼn oudleerder van Oranje Meisieskool, woon in Pretoria en werk vir Rekord. Haar boeke getuig van haar passie vir geloof, verhoudings en die menslike ervaring.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za